loading
Artikels
1 week gelede
kan-die-misdaadgety-in-sa-gedraai-word

Foto Krediet: Okay Deer

Kan die misdaadgety in SA gedraai word?

Deur Nico Strydom

Die bekendmaking van die jongste misdaadstatistiek het weereens ʼn donker prentjie geskets van ʼn land wat gebuk gaan onder geweldsmisdaad.

Daar was in die tydperk van April tot Junie vanjaar ʼn algemene toename in moord, verkragting, kaping en ontvoering in vergelyking met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Senzo Mchunu, die minister van polisie, het op 30 Augustus die jongste misdaadstatistiek bekend gemaak en gesê die misdaadsituasie in Suid-Afrika is besig om verwoesting te saai en vrees in te boesem. Hy het ook byvoeg dat dit opnuut dui op die dringende behoefte aan daadwerklike optrede om misdaad te beveg.

Dit is geen geheim dat Suid-Afrikaners in vrees leef nie. Dit beïnvloed mense se daaglikse doen en late deurdat sekere voorsorgmaatreëls getref word of sekere areas geheel en al vermy word weens ʼn vrees vir veiligheid.

Suid-Afrikaners moet ook op eie onkoste hul wonings beveilig en private veiligheidsdienste aanstel om hul veiligheid te probeer verseker.

Kontakmisdade, insluitend moord, poging tot moord, seksuele misdade, aanrandings, rooftogte en ontvoering, het met 3 831 gevalle toegeneem teenoor die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Amper 6 200 mense is in dié tyd vermoor.

Die jongste misdaadsyfers beklemtoon weereens die belangrikheid daarvan dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) kragte met burgerlike veiligheidstrukture soos AfriForum se 177 buurtwagte moet saamsnoer. Hierdie gemeenskapsgedrewe veiligheidstrukture bewys herhaaldelik hoe hulle op voetsoolvlak help om misdaad te bekamp.

Mchunu is die soveelste polisieminister in die afgelope paar jaar en daar lê ʼn groot taak vir hom voor om geweldsmisdaad sowel as georganiseerde misdaad die hok te slaan.

Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het in sy Ekonomiese Herstelplan wat onlangs bekend gestel is, daarop gewys dat die handhawing van wet en orde een van vyf prioriteite moet wees indien die land enigsins ekonomiese groei wil bewerkstellig.

Daar word in die verslag aangevoer dat wet en orde gehandhaaf moet word en dat daar veral gekyk moet word na geweldsmisdaad en korrupsie, wat die persepsie skep dat dit nie veilig is om in Suid-Afrika sake te doen of die land te besoek nie.

“Wat die bekamping van misdaad betref, is dit nodig om ʼn goeie balans te handhaaf tussen ʼn

goed funksionerende polisiediens wat op gemeenskapsveiligheid fokus, en ʼn meer

gemilitariseerde mag wat byvoorbeeld met onwettige mynwerkers en bendegeweld afreken.

Ongelukkig is die Suid-Afrikaanse realiteit dat die polisiediens nie volkome kan demilitariseer en

verwag om ernstige openbare geweld en gevestigde geweldsmisdadigers die hoof te bied nie. Daar moet gevolge vir misdaad wees.”

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel