loading
Artikels
7 maande gelede
kan-jou-organisasie-n-verskil-maak

Foto Krediet: OkayDeer

Kan jou organisasie ʼn verskil maak?

Deur Karen Waldeck

Die keuse om jou organisasie as ʼn krag ten goede te gebruik, is een van die mees betekenisvolle besluite wat jy ooit sal neem. As werkgewer het jy die unieke geleentheid om nie net jou werknemers se lewens te verbeter nie, maar ook ʼn breër impak op die gemeenskap te maak. Jy as werkgewer kan ʼn verskil maak deur etiese praktyke, werknemerontwikkeling en gemeenskapsbetrokkenheid.

Hierdie beginsels lê die fondasie vir ʼn onderneming wat nie net sukses behaal nie, maar ook ʼn blywende impak op die wêreld om hom het.

Etiese praktyke: Die basis van verantwoordelike leierskap

Die aanvaarding van etiese besigheidspraktyke is die eerste stap wanneer jy besluit dat jy ʼn verskil wil maak met jou onderneming. As werkgewer is dit jou verantwoordelikheid om ʼn kultuur van integriteit en deursigtigheid te skep. Dit sluit in om eerlik te wees met jou werknemers oor hul regte en voordele, om eerlik salarisse te betaal en om te verseker dat daar geen vorm van diskriminasie of teistering in die werkplek is nie. ʼn Werkplek waarvan die fondasie eties is, is een waar werknemers veilig en gewaardeer voel. Dit is hier waar Solidariteit ʼn belangrike rol speel, deur organisasies te ondersteun om ʼn gesonde en regverdige werkplek te bou.

Werknemerontwikkeling: Belê in jou span se vaardighede

Jou werknemers is die ruggraat van jou organisasie, en deur in hulle ontwikkeling te belê, belê jy in die toekoms van jou onderneming. Opleidingsprogramme en vaardigheidsontwikkeling is van kardinale belang om jou werknemers te bemagtig. Dit gee hulle nie net die nodige gereedskap om hul werk doeltreffend te verrig nie, maar help ook om hul loopbaan te bevorder. Solidariteit bied ʼn verskeidenheid van voortgesette leer-geleenthede aan, en vir jong mense skaduwerk- en selfs internskapgeleenthede wat hulle help om hul voet in die deur te kry en waardevolle werkservaring op te doen. Deur soortgelyke inisiatiewe binne jou organisasie te implementeer, kan jy verseker dat jou span voortdurend groei en verbeter. Leer hier hoe jy ʼn internskapprogram kan implementeer: Klik hier.

Gemeenskapsbetrokkenheid: Jou organisasie se rol in die samelewing

As werkgewer het jy ook die vermoë om ʼn groot impak op die gemeenskap te maak deur aktief betrokke te raak by gemeenskapsprojekte. Dit kan iets so eenvoudig wees soos om jou werknemers aan te moedig om vrywilliger werk te doen, of om groter inisiatiewe te begin wat die plaaslike gemeenskap bevoordeel.  Dit kan iets klein wees soos ʼn kospakkie aan ʼn kerk skenk. Wat vir jou klein lyk en voel kan vir iemand anders iets groot beteken. En nee, dit hoef nie duisende rande te kos om ʼn verskil in die gemeenskap te maak nie. Daar is só baie goed wat jy as organisasie kan doen wat gratis is.

Skep ʼn kultuur van waarde

ʼn Organisasie wat waarde aan sy mense en sy gemeenskap heg, sal altyd ʼn stap voor wees. Dit gaan nie net oor die wins nie, maar oor die blywende bydrae wat jy tot die samelewing lewer. Dit begin met klein stappies: of dit nou is deur ʼn opleidingsprogram, gemeenskapsprojek, of eenvoudig deur omgee vir jou werknemers. Hierdie klein trappies kan uiteindelik ʼn groot verskil maak. Jou onderneming het die potensiaal om ʼn krag ten goede te wees – gebruik dit!

Voel jy dat jou organisasie die nodige verskil maak? Hoe jy as werkgewer jou werknemers, jou onderneming en jou gemeenskap bestuur, bepaal jou nalatenskap. Dit is tyd om die nodige veranderinge aan te bring en jou organisasie in ʼn fors vir die goeie te verander. Begin vandag nog deur klein stappies te neem wat uiteindelik groot verandering sal meebring.

Skep jou gratis profiel op Solidariteit, die grootste Afrikaanse aanlyn platform waar werkgewers en werksoekers mekaar ontmoet. Klik hier om verder te lees hoe Solidariteit jou as werkgewer bemagtig.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel