loading
Artikels
1 maand gelede
kennis-en-klets-jy-hoef-nie-n-titel-te-he-om-n-leier-te-wees-nie

Foto Krediet: Solidariteit

Kennis en Klets: Jy hoef nie ʼn titel te hê om ʼn leier te wees nie

Deur Kyla-Ann du Toit

Voel jy soms asof jou stem nie saak maak nie net omdat jy nie in ʼn bestuursposisie is nie? Wel, ek het nuus vir jou! Leierskap gaan nie oor jou postitel nie – dit gaan oor invloed, karakter en roeping. Daarom is Solidariteit se volgende Kennis en Klets-webinaar spesiaal vir jóú bedoel.

Solidariteit nooi jou uit om op 25 Junie 2025 om 13:00 in te skakel vir ʼn insiggewende en inspirerende sessie saam met René Roux, bestuurshoof van media en woordvoerder by Solidariteit Helpende Hand. Ontdek hoe jy sonder ʼn amptelike titel met betekenis en impak kan lei.

Wat gaan jy leer?

In hierdie dinamiese 30-minute sessie getiteld “Leierskap sonder ʼn titel: Dienend, nederig en met invloed”, gaan René praktiese insigte deel oor hoe elkeen van ons, ongeag ons formele rol, geroep is om ʼn verskil te maak. Met temas soos emosionele intelligensie, diensbaarheid en nederigheid, gaan sy jou wys hoe leierskap begin by die manier waarop jy ander daagliks behandel en inspireer.

Wie is die spreker?

René is nie net ʼn ervare mediahoof en woordvoerder nie – sy is iemand met ʼn diep liefde vir mense, stories en diensbaarheid. Met ʼn agtergrond in joernalistiek en kommunikasie, en bydraes tot Voelgoed Media, JUIG!-tydskrif en Maroela Media, weet sy presies hoe om insig op ʼn manier oor te dra waarby ander aanklank kan vind.

Sy verstaan die waarde van elke rol in ʼn span, want sy het sélf eers “onder” begin voordat sy ʼn bestuursposisie beklee het. Dit maak haar die ideale persoon om te gesels oor hoe jý vandag reeds ʼn verskil kan maak, al het jy nie ʼn amptelike leiersrol nie.

Hier is wat dié webinaar uniek maak:

  • • Dit is gratis.
  • • Dit is aanlyn (skakel in vanaf jou kantoor of huis).
  • • Dit duur slegs 30 minute.
  • • Dit is spesifiek vir kantoorpraktisyns.

Jy het dalk nie ʼn titel nie, maar jy het steeds die geleentheid om ʼn leier te wees. Jy kán leierskap uitleef – en hierdie sessie gaan jou wys hoe.

Datum: 25 Junie 2025

Tyd: 13:00 – 13:30

Waar: Aanlyn via Microsoft Teams

Elke dag is ʼn geleentheid om ʼn leier te wees – en hierdie webinaar gee vir jou die gereedskap om dit met oortuiging te doen. Maak tyd vir jouself, kom leer saam en begin jou eie leierskapsreis – sonder die amptelike titel.

Moenie wag nie! Klik hier om vandag nog jou plek te bespreek.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel