loading
avatar
Artikels
3 dae gelede
kennis-en-klets-uitbranding-die-prys-van-te-veel-omgee

Foto Krediet: Solidariteit

Kennis en Klets: Uitbranding – die prys van te veel omgee

Deur Kyla-Ann du Toit

Die einde van die jaar is op ons. Jy is moeg, gespanne en, selfs al slaap jy genoeg, jy bly uitgeput. Dit is die simptome van uitbranding. Solidariteit nooi jou om op Donderdag 30 Oktober 2025 om 13:00 vir ʼn insiggewende Kennis en Klets-sessie saam met Johnny O’Neil, ʼn internasionaal erkende bedryfs- en organisasie-sielkundige, in te skakel.

Johnny gaan tydens die webinaarsessie gesels oor die tema “Uitbranding: Die prys van te veel omgee” en gaan praktiese strategieë bied oor hoe jy jou welstand kan beskerm in ʼn wêreld waar werkspanning voortdurend toeneem – veral vir vroue in die werkplek.

Wat gaan jy leer?

Johnny gaan die volgende in die sessie bespreek:

  • • Die verskil tussen stres en uitbranding.
  • • Waarom vroue dikwels meer vatbaar is vir uitbranding.
  • • Praktiese strategieë om uitbranding te bestuur en jou werk-lewe-balans te herstel.

Hy gaan jou toerus om die vroeë tekens van uitbranding raak te sien en om opnuut eienaarskap te neem van jou geestelike en emosionele gesondheid.

Wie is die spreker?

Johnny is ʼn gesoute organisasie-sielkundige met internasionale ervaring in militêre en hoë-risiko-omgewings. Hy het ʼn D.Phil in Sportsielkunde en ʼn M.Soc.Sci in Bedryfsielkunde, en help leiers en organisasies wêreldwyd om prestasie en veerkragtigheid te verbeter. Sy werk fokus veral op leierskapsprestasie, stresbestuur en prestasieverbetering – temas wat hy op ʼn praktiese, verstaanbare manier verduidelik.

Danksy sy wyd verskeidenheid akademiese insig en jare se ervaring in die veld, gaan Johnny jou help om weer balans in jou werk en lewe te vind.

Waarom moet jy die sessie bywoon?

  • • Dit is gratis.
  • • Dit is aanlyn (jy kan dus vanaf enige plek inskakel).
  • • Dit duur slegs 30 minute – lekker kort en kragtig!
  • • Dit is spesifiek gemik op kantoorpraktisyns.

Maak voorbrand vir uitbranding

Datum: Donderdag 30 Oktober 2025

Tyd: 13:00

Waar: Aanlyn via Microsoft Teams

Elke dag vra iets van jou, maar jy hoef nie jou welstand as prys te betaal nie. Kom leer hoe om jou werk-lewe-balans te beskerm en die laaste deel van die jaar met nuwe energie aan te pak.

Klik hier om jou plek te bespreek en kom kry ʼn plan van aksie!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel