loading
Artikels
2 dae gelede
kennis-en-klets-webinaar-klik-op-ki-se-knoppie

Foto Krediet: Solidariteit

Kennis en Klets-webinaar: Klik op KI se knoppie!

Deur Kyla-Ann du Toit

Of jy nou e-posse, briewe, artikels of verslae skryf, goeie skryfwerk neem tyd. Maar wat as jy daardie tyd kon halveer sonder om gehaltewerk daarvoor in te boet?

Op 27 Augustus 2025 om 13:00 gaan Johan Steyn, ʼn internasionaal erkende denkleier op die gebied van KI, gesels oor hoe jy groot taalmodelle soos ChatGPT kan gebruik om jou werk makliker, beter en vinniger te doen. In Solidariteit se volgende Kennis en Klets-sessie gaan hy vir jou wys hoe om:

  • • duidelike en konteksryke opdragte (“prompts”) te formuleer wat jou gewenste resultaat lewer;
  • • professionele dokumente vinniger en met meer selfvertroue saam te stel; en
  • • jou kreatiewe idees in enkele minute op papier te kry.

Wie is die spreker?

Johan Steyn is nie net ʼn kenner van tegnologie nie, hy is ook ʼn skrywer, akademikus en fasiliteerder wat organisasies help om KI eties en doeltreffend te gebruik. Hy werk saam met groot name soos Absa, Microsoft, Samsung en Unilever, en sy artikels verskyn gereeld in publikasies soos Business Day en News24. Met sy praktiese styl en mensgerigte benadering wys Johan hoe tegnologie ʼn professionele hulpmiddel kan wees – en nie ʼn bedreiging nie.

Hoekom moet jy hierdie sessie bywoon?

  • • Dit is heeltemal gratis.
  • • Dit is aanlyn, so jy kan vanaf enige plek inskakel.
  • • Dit is kort en kragtig – net 30 minute waar jy vinnig tog waardevolle kennis kan opdoen.
  • • Dit is spesifiek vir kantoorpraktisyns en fokus op jou beroep.

Wat, wanneer en waar?

Datum: 27 Augustus 2025

Tyd: 13:00 – 13:30

Plek: Aanlyn op Microsoft Teams

Moenie hierdie geleentheid misloop om jou skryfwerk slimmer, vinniger en meer doeltreffend te maak nie. Klik hier om vandag nog jou plek vir die sessie te bespreek.

Ontsluit die krag van KI in jou skryfwerk!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel