loading
Artikels
1 week gelede
klagte-van-hoogverraad-is-ongegrond-en-absurd

Foto Krediet: Solidariteit

Klagte van hoogverraad is ongegrond en absurd

Solidariteit het die bewerings van hoogverraad teen die afvaardiging van die Solidariteit Beweging as ongegrond en absurd bestempel, en sê dat dit geen rede tot bekommernis vir hulle inhou nie. Lees meer hieronder.


Deur Heléne Mocke

In ʼn onlangse en omstrede verwikkeling is ʼn afvaardiging van die Solidariteit Beweging deur sekere politieke figure van hoogverraad beskuldig. Die klagte spruit uit Solidariteit se internasionale betrokkenheid, en hul pogings om steun vir minderheidsregte en ekonomiese stabiliteit in Suid-Afrika te werf. Hierdie stap het tot hewige reaksie gelei, met Solidariteit wat die beskuldigings as ongegrond en polities gemotiveerd verwerp.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het die bewerings van hoogverraad teen die afvaardiging van die Solidariteit Beweging as ongegrond en absurd bestempel, en sê dat dit geen rede tot bekommernis vir hulle inhou nie. Hy het verder die misbruik van die regstelsel vir politieke doeleindes as ʼn treurige laagtepunt in die demokrasie beskryf.

Volgens Hermann dui die verwysing van ʼn grondlose klagte van hoogverraad by die polisie en die Valke se openbare uitsprake daaroor op ʼn gebrek aan werklike argumente, en word dit eerder as ʼn taktiese politieke maneuver gesien. Hy stel dat die werklike verraad teenoor Suid-Afrikaanse burger nie by Solidariteit lê nie, maar eerder by die ANC se beleidsrigtings, wat massiewe werksverliese veroorsaak en minderhede benadeel.

Hy beklemtoon dat Solidariteit nie met ewe ongegronde teenklagte sal reageer nie, maar eerder erkende politieke prosesse sal volg, insluitend internasionale steunwerwing. Indien die saak wel hof toe sou gaan, voorspel Hermann dat dit ʼn groot verleentheid vir die regering sal wees.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel