loading
Artikels
1 jaar gelede
koffie-wenke-en-goeie-geselskap-vir-leiers-in-die-werkplek

Foto Krediet: Lukas

Koffie, wenke en goeie geselskap vir leiers in die werkplek

Het jy al ooit gevoel of jy ʼn verskil in die werkplek wil maak en mense wil inspireer om hulle volle potensiaal te bereik? Indien jou antwoord “ja” is, dan is Solidariteit se werk-koffie-sessie op 26 Julie net die plek vir jou.

Salomien Boshoff, ’n dosent in Ondernemingsbestuur by Akademia, gaan gesels oor die vaardighede, take en resultate wat deur werkgewers gebruik word om arbeidsmagontwikkeling te verbeter. Dit staan ook bekend as die STACK-raamwerk. Hierdie raamwerk fokus op die identifisering en ontwikkeling van spesifieke vaardighede en bevoegdhede wat nodig is vir bepaalde take binne ‘n organisasie, en dit bring werknemersopleiding in lyn met gewenste uitkomste.

Datum: 26 Julie 2024

Tyd: 08:00 – 10:00

Plek: Solidariteit Hoofkantoor (h.v. DF Malanlaan en Eendrachtstraat, Kloofsig, Centurion)

Bespreek jou plek hier!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel