loading
avatar
Artikels
10 uur gelede
kom-klets-op-olidariteit-aanlyn

Fotokrediet: Okay Deer

Kom Klets op Solidariteit-aanlyn

Deur Marisha Hermann

Klets is vir jóú geskep. Solidariteit se Afrikaanse KI-assistent is nuttig vir enigeen, ongeag jou beroep. Jy kan selfs vir Klets vra hoe jy dit as ʼn KI-assistent kan gebruik. Met privaatheid en veiligheid as hoogste prioriteit, kan selfs jou kinders vir Klets vrae vra.

Vir die onderwyser

Juffrou, is jy raadop oor jou lesplan vir die week? Jy weet, en ons weet, kinders se aandagspan is kort en lesse moet interessant wees. Gesels met Klets en kry praktiese idees wat jy in die klaskamer kan toepas.

Vra byvoorbeeld: “Gee vir my idees vir ʼn lesplan vir graad 4-leerders oor die watersiklus.” Binne sekondes kry jy leerdoelwitte, inhoud, ʼn praktiese aktiwiteit, assessering en nog meer.

Maak jou eie “reën” klink mos nou soos die perfekte eksperiment! Jy kan die idees verder ontwikkel en aanpas om jou les nóg meer opwindend te maak.

Vir die finansiële praktisyn

Dis belastingseisoen. Vir jou in die finansiesbedryf kan Klets help om te bepaal of daar enige nuwe verwikkelinge is waarvan jy bewus moet wees.

Die IT-wêreld is aan die woel, en elke dag is daar iets nuuts – veral met kunsmatige intelligensie wat ʼn al groter rol speel. Jy kan Klets as ʼn klankbord gebruik en idees kry oor die beste maniere om by veranderinge aan te pas.

Is jy as kantoorpraktisyn onseker oor ʼn formule in Excel? Is daar terme wat ʼn kliënt gebruik wat jy nie verstaan nie? Vra gou vir Klets om te verduidelik en help só om miskommunikasie te voorkom.

Is jy pas afgestudeer en onseker oor hoe iets in die finansiële wêreld werk? Vra vir Klets.

Gesels met Klets en kry jou antwoord stap vir stap in Afrikaans.

Vir die regspraktisyn

Vir jou wat in die regte werk, is Klets ʼn handige KI-assistent wat jou in jou moedertaal kan ondersteun met administrasie, skryfwerk, taalversorging en selfs algemene navorsing.

Klets kan jou help om oplossings te verken, as ʼn klankbord te dien, nuwe idees te ontwikkel en jou kennis te bevestig.

Vir die bemarker

Vir kommunikasie- of bemarkingspraktisyns kan Klets jou regterhand wees. Klets kan jou nie net help om jou volgende veldtog te beplan of jou kreatiewe denke aan die gang te kry nie, maar ook jou skryfwerk vergemaklik, met administratiewe take te help en selfs insigte en aanbevelings vir kliënte te formuleer (hierdie voorstelle is juis deur Klets saamgestel).

Klets is jou aanlyn assistent

Dit maak nie saak in watter beroep jy werk nie – Klets kan jou regterhand wees! Van administratiewe take tot hulp met skryfwerk en professionele kommunikasie kan Klets jou werkdag makliker en meer produktief maak.

En die beste deel? Alles gebeur in jou moedertaal en Klets is heeltemal gratis tot jou beskikking! Onthou, menslike insette en oorsig is steeds belangrik en nodig. As jy Klets egter slim gebruik, kan jy ʼn hele paar ure in jou dag wen en weer tyd hê vir die dinge wat net jy kan doen.

Skep dus vandag nog jou gratis profiel op Solidariteit-aanlyn en maak die slim keuse om jou werk te vergemaklik.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-aanlyn.
Skep vandag nog jou profiel