loading
avatar
Artikels
1 dag gelede
kom-raak-deel-van-die-gesprek-op-solidariteit-aanlyn

Foto Krediet: OkayDeer

Kom Raak Deel Van Die Gesprek Op Solidariteit-Aanlyn!

Deur Leré Nel

Voel jy soms asof jy mense ken, maar nie ʼnnetwerkhet nie?Dit gaan nie altyd oor wie jy ken nie, maar oor hoe goed jy met hulle kan netwerk! Maar… waar begin ʼn mens?

Dis maklik! Solidariteit-aanlyn.

Solidariteit-aanlyn is nou nóg meer interaktief. Dit is nie meer net ’n plek waar jy werk soek, kursusse doen of hulpbronne vir jou loopbaan kry nie. Dit is nou ook ’n sosiale ruimte waar jy kan gesels en met jou gemeenskap kan skakel.

Hier kan jy met mense in jou netwerk gesels, op hulle plasings reageer, foto’s en inligting deel en gesprekke hê oor dinge wat vir jou beroep, loopbaan en toekoms saak maak.

’n Sosiale ruimte met ’n doel

Solidariteit-aanlyn is gebou rondom werk, leer en gemeenskap. Daarom is dit anders as enige ander sosialemediaplatform. Dit is ’n plek waar mense met eenderse waardes en doelwitte mekaar kan vind, mekaar kan ondersteun en saam kan bou.

Met jou gratis profiel kan jy:

  • • met mense in jou netwerk skakel;
  • • jou professionele netwerk uitbrei en nuwe vriende maak;
  • • aan gesprekke deelneem;
  • • op plasings reageer;
  • • foto’s en skakels deel; en
  • • op hoogte bly van die jongste nuus in jou beroep.

Jou beroep. Jou mense. Jou gesprekke.

Die waarde van ’n netwerk lê nie net in wie jy ken nie, maar in hoe jy met daardie mense kontak maak. Solidariteit-aanlyn maak dit makliker om met mense in jou beroep en gemeenskap te gesels, idees te deel en nuwe geleenthede te ontdek.

As jy ʼn Solidariteit-lid is, ontsluit jy selfs nóg voordele deur toegang tot jou beroepsnetwerkgroep te kry. Só kan jy verbind met mense in jou beroep wat saam wil groei en bou aan hulle toekoms.

As jy selfs makliker toegang tot al hierdie voordele wil kry, laai die Solidariteit-app op Android of Apple af!

Kom gesels saam

Moenie net deel wees van die netwerk nie. Raak deel van die gesprek.

Registreer vandag nog jou gratis profiel op Solidariteit-aanlyn en verken die nuwe sosiale ruimte.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel