Fotokrediet: Verskaf
Gekopieër
Promosie: Kry 20%-afslag op Francois van Coke se Unplugged-vertoning
Deur Kyla-Ann du Toit
Francois van Coke, ʼn kitaar en van die liedjies wat oor die afgelope twee dekades deel van die Afrikaanse musieklandskap geword het. Klink dit na jou soort Sondagmiddag?
Lefra Produksies bied op Sondag 23 Augustus 2026 om 15:00 ʼn eksklusiewe Francois van Coke – Unplugged-vertoning by die Theatre of Marcellus by Emperors Palace aan. Vriende van Solidariteit kry boonop 20%-afslag op hul kaartjies met die afslagkode “SOL20”.
Wat kan jy verwag?
Vir hierdie spesiale vertoning verruil Van Coke die groot rockverhoog en band vir ʼn meer intieme ervaring waar die fokus op die liedjies, lirieke en stories agter die musiek val. Hy word op die verhoog deur die kitaarspeler Richard Onraet vergesel.
Aanhangers kan dus uitsien na ʼn heel ander kant van die musikant wat oor meer as twee dekades sy stempel op Afrikaanse rockmusiek afgedruk het. Van Coke het aanvanklik as hoofsanger van Fokofpolisiekar en later van Van Coke Kartel bekend geword voordat hy in 2015 sy solo-loopbaan aangepak het.
Bekende gunstelinge kry tydens dié Unplugged-vertoning ʼn nuwe baadjie. Sonder die energie van ʼn volle rockproduksie staan Van Coke se kenmerkende stem, die melodieë en sy lirieke dié keer sentraal. En die beste deel? Jý kan 20%-afslag op alle kaartjies kry.
Dit werk só:
- 1. Bespreek jou kaartjies vir Francois van Coke – Unplugged by LTickets.
- 2. Gebruik die afslagkode “SOL20” voordat jy betaal.
- 3. Die 20%-afslag word op jou kaartjies toegepas.
Kaartjiepryse begin by R200, en die vertoning duur van 15:00 tot 16:15.
Bespreek nóú
As jy Francois van Coke al op ʼn groot rockverhoog gesien het, is dit nou jou kans om sy musiek op ʼn heel ander manier te beleef. En met 20%-afslag is daar min verskoning om jou Sondagmiddag by die huis deur te bring.
Bespreek dus vandag nog jou kaartjies hier en maak gereed vir Francois van Coke soos jy hom nog nooit gesien het nie!
Vir meer inligting oor die vertoning, klik hier.