Fotokrediet: Solidariteit
Gekopieër
Vriende van Solidariteit kry 15% korting vir die Oppiwater Kunstefees!
ʼn Kunstefees op die oop see klink na ʼn heerlike manier om die nuwe jaar af te skop. Vriende van Solidariteit het nou ʼn eksklusiewe geleentheid om dié ervaring teen ʼn spesiale afslag te bespreek.
MSC Cruises bied ʼn spesiale afslag vir vriende van Solidariteit tot 11 Oktober 2026 om middernag. As jy ʼn vriend van Solidariteit is, kan jy 15% afslag vir die Oppiwater Kunstefees kry, wat van 14 tot 19 Februarie 2027 aan boord van die MSC Armonia plaasvind.
Dié gewilde kunstefees bring ʼn seevakansie en uitstekende Afrikaanse vermaak bymekaar. Feesgangers kan uitsien na optredes deur bekende kunstenaars, asook die geleentheid om tussen die konserte en feesbedrywighede te ontspan en die ervaring aan boord te geniet.
Die aanbod sluit pryse vanaf R11 135 per persoon wat ʼn kajuit deel in. Om nou te bespreek, is ʼn deposito van R3 000 per kajuit betaalbaar. Dit bied vriende van Solidariteit die geleentheid om hul plek te verseker en nou reeds na volgende jaar se welverdiende wegbreek uit te sien.
Moenie hierdie aanbod verpas nie – bespreek en beplan nóú jou vakansie om van die aanbod gebruik te maak voor 11 Oktober 2026.
Bespreek bywww.oppiwater.co.za of skakel 011 844 6073. Bepalings en voorwaardes geld.