loading
avatar
Artikels
16 uur gelede
kry-afslag-op-maroela-media-se-skryfnet-kursusse

Fotokrediet: Maroela Media \ Akademia

Kry afslag op Maroela Media se Skryfnet-kursusse

Deur Kyla-Ann du Toit

Goeie skryfwerk is een van die belangrikste vaardighede in enige kommunikasiepraktisyn se gereedskapskis. Of jy ʼn mediaverklaring skryf, ʼn storie uit jou gemeenskap vertel of jou organisasie se boodskap oordra, die manier waarop jy kommunikeer kan ʼn groot verskil maak aan hoe jou boodskap ontvang word.

Daarom bied Solidariteit aan lede 20%-afslag op Maroela Media se Skryfnet-kursusse om jou skryfvaardighede te verfyn en jou kommunikasievaardighede verder uit te bou.

Skryf en haal die media

Mediadekking kan ʼn waardevolle manier wees om ʼn onderneming, projek of handelsmerk se geloofwaardigheid en sigbaarheid te versterk. Tog gaan goeie stories dikwels verlore omdat mense nie weet hoe om dit behoorlik aan die media voor te lê nie. Die Skryfnet-kursus, “Skryf en haal die media”, wys deelnemers prakties hoe om presies dit te doen.

Die opleiding fokus op hoe om ʼn professionele mediaverklaring te skryf wat joernaliste se aandag trek, hoe om dit aan verskillende mediaplatforms voor te lê en hoe om jou kanse op publikasie en mediadekking te verbeter. Deelnemers leer ook hoe om sterk mediaverhoudings te bou en professioneel met joernaliste te kommunikeer.

Die werkwinkel is veral geskik vir entrepreneurs, kommunikasiepraktisyns, bemarkers, organisasiebestuurders en enigiemand wat meer publisiteit vir ʼn projek, handelsmerk of kliënt wil bekom. Dié sessie word aangebied deur Peter Pentz, ʼn bemarkings- en kommunikasiespesialis by Groote Post-wynlandgoed.

Die aanlyn werkwinkel vind op 21 Augustus 2026 van 09:00 tot 13:00 plaas. Die kursus kos R750 om by te woon, maar Solidariteit-lede ontvang 20%-afslag.

Stuur ʼn e-pos aan kreatief@solidariteit.co.za indien jy vir hierdie kursus wil inskryf. Inskrywings sluit op 19 Augustus 2026.

Skryf soos ʼn joernalis

Het jy stories uit jou dorp, skool, gemeente of gemeenskap wat vertel moet word? Die Skryfnet-kursus, “Skryf soos ʼn joernalis”, fokus op die basiese kennis en vaardighede wat nodig is om dié stories soos ʼn joernalis te vertel.

Deelnemers leer onder meer waar om goeie stories te vind, hoe om bronne te gebruik en onderhoude te voer, watter inligting ʼn storie moet bevat en hoe ʼn goeie nuusstorie gestruktureer word. Die kursus kyk ook na storievertelling deur middel van foto’s en klank en hoe om op ʼn etiese manier vir die media te skryf.

Die kursus is ontwikkel deur Maroela Media se joernaliste, in samewerking met joernalistiekdosente by Akademia, en word deur Elaine Krige aangebied. Dit is ʼn toeganklike e-leerkursus vir beginners, maar ook vir mense wat reeds by gemeenskapsmedia, gemeentenuusbriewe, skoolkoerante of plaaslike radiostasies betrokke is.

Die kursus begin op 14 September 2026 met ʼn aanlyn verwelkomingsessie en eindig op 23 November 2026. Dit duur dus tien weke. Die gewone koste is R4 300, maar Solidariteit-lede ontvang 20%-afslag.

Om vir hierdie kursus in te skryf, stuur ʼn e-pos aan kreatief@solidariteit.co.za. Inskrywings sluit op 11 September 2026.

Belê in jou vaardighede

Ons weet die kommunikasie- en bemarkingswêreld verander voortdurend, maar die vermoë om ʼn boodskap duidelik, relevant en boeiend oor te dra bly onontbeerlik. Dié samewerking met Maroela Media bied jou dus die geleentheid om praktiese vaardighede by ervare mense in die media- en kommunikasiebedryf aan te leer – met 20%-afslag danksy jou Solidariteit-lidmaatskap.

Skryf vandag nog vir die kursusse in en gee jou loopbaan ʼn waardevolle hupstoot!

Hou die Solidariteit Kommunikasie- en Bemarkingsnetwerk-groep dop vir ander toekomstige geleenthede.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-aanlyn.
Skep vandag nog jou profiel