Fotokrediet: Unsplash
Gekopieër
Ambagslui: Verskerp jou vaardighede met Solidariteit se CNC-opleiding
Deur Marisha Hermann
In vandag se werkplek is dit belangrik om op hoogte te bly van nuwe verwikkelinge. Deur nuwe vaardighede aan te leer, kan jy bo die res uitstaan.
As jy ʼn ambagspersoon is wat jou vaardighede in masjiengereedskap wil verbeter of nuwe vaardighede wil aanleer, het Solidariteit die regte kursus vir jou.
Vaardighede wat in aanvraag is
Vaardighede in masjiengereedskap is hoog in aanvraag in Suid-Afrika. CNC-opleiding is juis ʼn vaardigheid wat jou kan help om jou kennis en kundigheid verder te ontwikkel. In die opleiding ontvang deelnemers onder meer opleiding in die gebruik van CNC-freesmasjien, frees- en draaiwerk (G-kode), sowel as EDGECAM.
Jy sal die nodige tegnieke aanleer om presies te verstaan hoe om ʼn rekenaarbeheerde masjien te gebruik om materiaal te sny.
Praktiese opleiding saam met kundiges
Omdat die opleiding in persoon aangebied word, kry deelnemers die geleentheid om ekstra waarde daaruit te put. Deelnemers kan tegnieke verfyn en dit prakties inoefen. Daar word ook geleentheid gebied om vrae te stel en uitdagings vinnig uit te klaar.
Kundiges van Ikusasa, ʼn merSETA-geakkrediteerde instelling, werk saam met die Solidariteit Ambagnetwerk om te verseker dat die opleiding aan die vereiste standaard voldoen.
Belê in jou vaardighede teen afslag
Jou ambagskennis is die grondslag van jou loopbaan. Deur nuwe tegnieke aan te leer en jou vaardighede uit te brei, kan jy op dié grondslag voortbou en jouself vir nuwe geleenthede in die werkplek toerus.
Solidariteit-lede ontvang 20%-afslag op hierdie CNC-opleiding. Dit is ʼn tasbare voordeel van ʼn Solidariteit-lidmaatskap wat dit vir jou meer bekostigbaar maak om in jou professionele ontwikkeling te belê.
Met hierdie CNC-opleiding leer jy om rekenaarbeheerde masjiene akkuraat en doeltreffend te gebruik. Só brei jy jou kundigheid uit en versterk jy die bydrae wat jy in die werkplek kan lewer.
Wees die antwoord op die aanvraag! Skep vandag nog jou Solidariteit–profiel en kry toegang tot hierdie kursus, sowel as nagenoeg 150 ander kursusse, om jou vaardighede verder te ontwikkel en jou in staat te stel om bo die res in die werkplek uit te staan.