loading
avatar
Artikels
5 dae gelede
ambagslui-ontwikkel-jou-vaardighede-met-hierdie-kursusse

Fotokrediet: Unsplash

Ambagslui: Ontwikkel jou vaardighede met hierdie kursusse 

Deur Marisha Hermann

Solidariteit glo dat elkeen wat wil werk, moet kan werk. Voortgesette opleiding speel daarom ʼn belangrike rol in die ontwikkeling van jou loopbaan en help jou om jou kennis en vaardighede voortdurend uit te brei.

Solidariteit maak dit makliker om aan jou professionele ontwikkeling te werk met kursusse wat spesifiek op ambagte fokus. Solidariteit-aanlyn bied verskeie opleidingsgeleenthede vir ambagslui.

Hier is drie kursusse waarmee jy jou kennis en praktiese vaardighede verder kan ontwikkel:

1. N1-N6 Ingenieurstudie

Wou jy nog altyd ʼn loopbaan in ʼn ambag volg? Dalk het jy onlangs belangstelling daarin ontwikkel. Solidariteit se N1-N6-ingenieurstudie-kursus word oor ʼn tydperk van 12 weke op Solidariteit-aanlyn aangebied.

Hierdie opleiding sal jou toerus met die nodige kennis en vaardighede om ʼn loopbaan in die ambagte verder te verken. Technicol, ʼn geakkrediteerde instelling, is ʼn medewerker in die ontwikkeling van die kursus. Solidariteit-lede kwalifiseer vir 10%-afslag op die opleiding, ter waarde van R10 400.

2. Gasmetaalboogsweis

Is jy iemand wat nie kan stilsit nie? Wil jy gedurig nuwe vaardighede aanleer wat jy in en rondom die huis kan gebruik?

Solidariteit se gasmetaalboogsweis-kursus bied jou die geleentheid om jou bestaande sweisvaardighede op te skerp of nuwe vaardighede aan te leer.

3. Metaalboogsweis

Die metaalboogsweis-kursus sal deelnemers se huidige vaardighede verskerp of die geleentheid bied om nuwe vaardighede aan te leer.

Om suksesvol te sweis, is dit nodig om ʼn goeie teoretiese grondslag te hê en jou vaardighede te oefen.

Albei hierdie sweiskursusse het ʼn teoretiese element van een week, asook praktiese sessies van twee tot drie weke. Die praktiese ure word by die Sol-Tech-kampus aangebied. Ná die voltooiing van die kursus sal deelnemers hul eie projekte kan aanpak. Dit strek van die maak van diefwering en die bou van hekke tot die vervaardiging van staalmeubels.

Ontwikkel jou vaardighede en bou aan jou loopbaan 

Of jy ʼn loopbaan in ʼn ambag wil begin of bloot jou praktiese vaardighede verder wil ontwikkel, bied dié drie kursusse verskillende geleenthede om jou kennis en vaardighede uit te brei.

Skep vandag nog jou gratis Solidariteit-profiel en neem jou toekoms in jou hande!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-aanlyn.
Skep vandag nog jou profiel