loading
Artikels
1 jaar gelede
kry-n-nuwe-outlook-op-jou-werk

Foto Krediet: OkayDeer

Kry ʼn nuwe “Outlook” op jou werk

Deur Maryna Eksteen

Microsoft Outlook is een van mees gebruikte e-posplatforms ter wêreld in die werkplek. Microsoft Outlook maak dit vir maatskappye moontlik om op hoogte te bly van datums en afsprake, van alle groottes e-posse, take, kalenders en om kontakte te bestuur – alles op een plek.  

Solidariteit bied ʼn omvattende webinaar aan wat deur Gerrit Cloete van Productivity Pit Stop behartig word. Die kursus is ʼn inleiding tot Outlook-produktiwiteit wat jong werkendes sal leer hoe om basiese kortpaadjies toe te pas, en hoe om e-posse sonder moeite te bestuur. Die webinaar fokus ook op doeltreffende prioritisering, hoe om inligting vinnig op te spoor, en ook hoe om jou fokus te verbeter.

Volgens Karla de Beer, ʼn jong werkende, het die Outlook-kursus wat deur Solidariteit aangebied word, haar geleer hoe om beter te beplan en meer georganiseerd te werk. “Ek het nou baie meer vrye tyd tot my beskikking en spandeer nie elke oomblik daaraan om deur ʼn berg e-posse te sif nie. Ek het meer selfvertroue in my werk omdat ek weet dat ek nie sommer enige e-posse sal miskyk nie.”

Dit maak nie saak of jy ʼn onderwyser of ambagsman is nie, Solidariteit bied iets van alles vir almal. Afrikaners het ‘n plig om hulself onmisbaar te maak in die werkplek. Solidariteit bied dus meer as 60 kursusse wat vars, uniek en Afrikaans is! Buiten die kursusse vir Solidariteit se 11 beroepsnetwerke is daar ook kursusse wat handel oor leefstyl, rekenaarvaardighede en sagte vaardighede. Die geleenthede is eindeloos.

Leer jou toekoms oop met Solidariteit. Lees meer hier. Indien jy nog nie lid van Solidariteit is nie, klik hier om binne ʼn minuut aan te sluit.

Jou toekoms is in jou hande!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel