![kyk-myhoerskoolpad-videos-en-wees-voorbereid-op-jou-toekoms](https://cms.solidariteit.co.za/wp-content/uploads/2024/01/Promo-Facebook_Ads-Facebook-Ads-messenger-image-ad-43.jpeg)
Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Kyk #MyHoërskoolpad-video’s en wees voorbereid op jou toekoms
Deur Ané Janse van Rensburg
Voorbereiding is gelyk aan voorspoed. Elke ouer wens vir hul kinders ʼn welvarende toekoms toe. Solidariteit wil jou kind bemagtig om die beste besluite vir hul toekoms te neem.
Die #MyHoërskoolpad-video’s bemagtig jou kind om die regte keuses te maak, om studiemetodes te bemeester en om vir sy of haar toekoms voor te berei. Met dié allesomvattende inligtingsvideo’s vir graad 8- tot 12-leerders, word jou kind sosiaal en akademies bemagtig om hul drome en doelwitte na te jaag.
Mareli Bothma, bestuurder van Solidariteit se Skoliere-aanbod, sê die volgende oor die #MyHoërskoolpad-produk: “Dit is ʼn kragtige hulpbron wat jou kind se hoërskooljare en jou as ouer in die ondersteuningsrol kan vergemaklik. Hier word al die moeilike onderwerpe aangespreek wat aanvullend is tot die skoolkurrikulum.”
Graad 8
Jou kind betree ʼn nuwe avontuur in ʼn nuwe skool. Die #MyHoërskoolpad-video’s bemagtig jou kind met nuwe kennis en vaardighede om hierdie oorgang naatloos te laat verloop. Dié meer as 15 video’s is daarop gemik om jou kind te help met onderwerpe wat strek van hulp met nuwe maats en nuwe vakke, tot die gebruik van tegnologie en hulp met eksamens.
Graad 9
Jou kind is nou so tussen die boom en die bas – nie meer die jongste in die skool nie, maar ook nog nie heeltemal ʼn senior nie. Hierdie jaar is daar die opwindende vooruitsig van vakke kies. Tesame met dié video’s wat kwessies van ʼn graad 9-leerder aanspreek op #MyHoërskoolpad, bied Solidariteit ekstra video’s wat jou kind help om die regte vakke te kies. Die #Vakkeuse-portaal lig jou kind in oor wat verskillende vakke behels en wat in die sillabus hanteer gaan word. Hierdie hulpbron stel jou kind in staat om die regte vakke vir hul toekomsdrome te kies. Lees hier meer oor jou kind se vakkeuses.
Graad 10
Hierdie jaar moet jou kind uitbou op die fondasie van die vakkeuses wat hy of sy in graad 9 gemaak het, en dit ten volle benut om hulle doelwitte te bereik! Hulle drome en die realisering daarvan wink vir hulle, en ons wil hulle in hierdie beginstadium voorberei vir die opwindende fase wat op hulle wag. Die graad 10-video’s is toekomsgerig. Dit gesels met jou kind oor entrepreneurskap, hoe om vir sukses te beplan, hoe om te maak as jy die verkeerde vakke gekies het en dit gee ʼn lys idees van beroepe waaruit jou kind eendag kan kies.
Graad 11
Hoërskoolkinders word gereeld toegespreek oor ʼn graad 11-jaar wat jou toekoms kan maak of breek. Met ʼn sterk fokus op jou kind se naskoolse planne, gee die graad 11-video’s inligting deur rakende studieaansoeke en die keuringsproses, TP-tellings en addisionele planne indien jou kind nie gaan of kán studeer nie. Só poog ons om seker te maak dat jou kind presies weet watter opsies daar beskikbaar is vir hul toekoms en hoe om dit te kan verwesenlik.
Graad 12
Jou graad 12-kind pluk hierdie jaar die vrugte van vier jaar se harde werk en uithou. Met nuwe verantwoordelikhede wat op hulle wag, wil Solidariteit ʼn ondersteunende hand uitsteek. Of dit nou eksamens, lisensies, begrotings of matriekafskeide is, ons wil seker maak dat jou kind elke tree op hulle laaste jaar van hulle hoërskoolpad, met selfvertroue gee! Kyk hierdie video om meer van die #MyHoërskoolpad-video’s vir jou graad 12-kind uit te vind.
Jou kind se hoërskoolpad is vol opwinding, nuwe geleenthede en vele uitdagings wat bemeester moet word. Kom geniet die hulpbronne wat Solidariteit bied om jou kind te bemagtig om hierdie pad met selfvertroue aan te pak. Kom ons bou saam aan hulle toekomsdrome, een #MyHoërskoolpad-video op ʼn slag!