
Foto Krediet: Solidariteit
Gekopieër
Laat die koppe draai danksy Sol-Tech se haarkapperkursus
Sol-Tech se haarkapperkursus is die perfekte geleentheid vir jou om ʼn suksesvolle loopbaan te verseker. Danksy Solidariteit-beurse ter waarde van R60 000, wêreldgehalte-opleiding en ʼn studentelewe wat skrik vir niks, kan jy jou studiedrome sommer maklik bewaarheid. Lees hier meer oor hierdie kursus en hoekom jy vandag nog daarvoor moet aansoek doen!
Deur Kyla-Ann du Toit
Het jy ʼn matrieksertifikaat, ʼn liefde vir styl en ʼn passie vir mense? Dan is Sol-Tech se nuwe haarkapperkursus perfek vir jou! Hierdie praktiese kursus bied jou die geleentheid om ʼn beroep te beoefen waarin jy daagliks mense se voorkoms verbeter en hul dag sommer behoorlik opkikker.
ʼn Geleentheid vir ʼn suksesvolle loopbaan
By Sol-Tech se splinternuwe opleidingsfasiliteit leer studente praktiese vaardighede in ʼn topgehalte- en moderne salon aan. Wat hierdie kursus nóg meer aanloklik maak, is dat dit nie net op tegniese vaardighede fokus nie, maar ook jou kreatiwiteit en entrepreneurskap ontwikkel. Hierdie beroepskwalifikasies is daarop gemik om studente uitstekend vir hul toekoms voor te berei en om wêreldklashaarkappers op te lei.
Hierdie kursus is die ideale geleentheid om jou loopbaanreis van die staanspoor af met sukses aan te pak! Lees hier meer oor wat die kursus behels.
Solidariteit bewaarheid studiedrome
Solidariteit gee jou ook die ekstra hupstoot wat jy nodig het om jou studiedrome te verwesenlik deur beurse ter waarde van R60 000 aan studente te bied wat vir die inname registreer wat op 10 Junie 2025 afskop. Hierdie beurs sal jou help om ʼn groot deel van jou studiekoste te dek sodat jy op jou opleiding kan fokus sonder om oor finansies te stres.
Daar is beperkte plekke beskikbaar vir die volgende inname wat op 10 Junie 2025 begin, so moenie tot die laaste minuut wag nie! Doen vandag nog aansoek by www.sol-tech.co.za. Aansoeke sluit 30 Mei.
Die haarkapperbedryf is dinamies, vol potensiaal en altyd op soek na nuwe talent. Met ʼn Sol-Tech-kwalifikasie sal jy uitstekend toegerus wees om die koppe behoorlik in die bedryf te laat draai!