loading
avatar
Artikels
1 maand gelede
laat-jou-nalatenskap-aan-n-beter-toekoms-bou-saam-met-solidariteit

Fotokrediet: Akademia

Laat jou nalatenskap aan ʼn beter toekoms bou saam met Solidariteit

Deur Leré Nel

Wat jy vandag bou, kan nog lank ná jou voortleef en ʼn betekenisvolle verskil maak. Jou testament bied jou die geleentheid om self te bepaal hoe jou nalatenskap aangewend moet word en watter erfenis jy vir jou geliefdes én die volgende generasie wil agterlaat.

ʼn Mens werk hard om ʼn nalatenskap te bou. Jy belê in jou gesin, jou loopbaan, jou eiendom en die dinge wat vir jou belangrik is. Tog dink mense dikwels eers later in hul lewe aan ʼn testament. ʼn Testament is egter noodsaaklik – en nie net vir ouer mense of diegene met baie bates of geld nie.

Sodra jy begin werk, eiendom of ander bates besit, of mense het vir wie jy omgee, is dit verstandig om jou wense op skrif te stel. ʼn Geldige testament help om te verseker dat jou nalatenskap volgens jou wense hanteer word en gee jou die geleentheid om jou nalatenskap te gebruik om ʼn verskil te maak.

Het jy nog nie ʼn testament nie?

As jy ʼn lid van Solidariteit is, sal hulle jou help om jou testament gratis op te stel. Jy kan ook raad ontvang oor hoe jou nalatenskap gebruik kan word om ʼn blywende verskil te maak. Indien jy reeds ʼn testament het, is dit belangrik om dit gereeld te hersien en seker te maak dat dit steeds jou huidige omstandighede en wense weerspieël.

Een manier waarop jou nalatenskap ʼn groter impak kan maak, is deur die Solidariteit Boufonds in jou testament te bemaak. Die Boufonds help om volhoubare instellings te bou wat gemeenskappe versterk en die volgende generasie toerus met hoofsaaklik opleiding vir ʼn toekoms hier aan die suidpunt van Afrika.

Jou geld kan dus meer wees as net ʼn bedrag wat van een persoon na ʼn ander oorgedra word. Dit kan help om iets op te rig wat nog dekades lank waarde sal skep. Deur die Solidariteit Boufonds te bemaak, kan jou nalatenskap bydra tot die ontwikkeling van instellings soos Akademia, waar jong mense toegang tot hoëgehalte-opleiding in Afrikaans en nuwe geleenthede kry.

ʼn Bemaking aan die Boufonds hoef nie jou verantwoordelikheid teenoor jou geliefdes te vervang nie. Dit bied bloot ʼn geleentheid om, saam met dit wat jy aan jou familie nalaat, ʼn deel van jou nalatenskap aan iets te wy wat vir generasies sal voortleef. So kan die waardes waarvoor jy gedurende jou lewe gestaan het, steeds ná jou dood voortleef.

Laat jou nalatenskap iets bou

Testamentweek, wat van 14 tot 18 September 2026 plaasvind, is die ideale geleentheid om oor dié belangrike besluite te dink. Gebruik hierdie tyd om jou testament op te stel of jou bestaande testament te hersien. Oorweeg ook om meer uit te vind oor hoe jy die Solidariteit Boufonds kan bemaak.

Waaraan jy vandag bou, kan nog lank ná jou voortleef. Laat jou nalatenskap nie net iets nalaat nie, maar iets bou.

Moenie belangrike besluite uitstel nie. Stel vandag nog jou testament gratis saam met Solidariteit op en bou saam met Solidariteit aan ʼn nalatenskap wat ʼn impak maak!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-aanlyn.
Skep vandag nog jou profiel