Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Leer hoe om jóú jaar vir ʼn ses te slaan, danksy Solidariteit
Deur Kyla-Ann du Toit
Daar is nie ʼn beter tyd as die begin van ʼn nuwe jaar om jou loopbaan op koers te kry nie. Met ʼn splinternuwe jaar wat voorlê en nuwe moontlikhede om te ontdek, bied Solidariteit se Leer-aanbod die ideale wegspringplek. Met jou gratis Solidariteit-profiel kry jy toegang kry tot nagenoeg 150 aanlyn kursusse wat jou toerus om 2026 met nuwe kennis, vaardighede en selfvertroue aan te pak.
Slaan 2026 vir ʼn ses met nuwe vaardighede
As jy ʼn plan vir jou loopbaan het, móét voortgesette leer daarvan deel wees. Die wêreld van werk verander daagliks. Jy kan wag vir geleenthede om oor jou pad te kom, of jy kan self besluit om die jaar met nuwe vaardighede aan te pak wat jou bo die res laat uitstaan.
Met Solidariteit se wêreldklas-leerplatform bou jy nie net vaardighede nie, maar ook selfvertroue, en jy wys vir werkgewers dat jy ernstig oor jou toekoms is.
ʼn Eenstop-leerervaring
Al die kursusse is aanlyn, prakties en spesifiek ontwikkel met jou beroep in gedagte. Dit is gerieflik sodat jy op jou eie tyd kan leer – ná werk, oor naweke of selfs tussen ander verpligtinge.
En die beste deel? As jy ʼn Solidariteit-lid is, is hierdie kursusse heeltemal gratis.
Wat kan jy verwag?
- • Kursusse vir elke beroep – van tegnies tot kreatief
- • Spesifieke leerinhoud vir verskillende beroepsvelde
- • Nuwe insigte en praktiese vaardighede
- • Leergeleenthede wat jou loopbaan doelgerig versterk
Of jy nou ʼn onderwyser, ambagsman, regsgeleerde of kommunikasiepraktisyn is, Solidariteit het iets vir jou.
Begin vandag
Moenie wag tot later in die jaar om iets te begin doen nie. Begin vandag nog! Bou aan ʼn toekoms waar jy nie net probeer bybly nie, maar werklik uitblink. Elke vaardigheid wat jy aanleer, is ʼn belegging in jouself. Of jy jou kennis wil opskerp, in jou beroep wil groei of dalk iets nuuts wil leer, Solidariteit maak dit maklik, toeganklik en in jou moedertaal.
Klik hier om vandag nog jou gratis profiel te skep en leer hoe om jóú jaar vir ʼn ses te slaan!