loading
Artikels
3 maande gelede
maak-jou-reg-vir-die-grootste-lekkerste-ambagfees-nog-in-2025

Foto Krediet: Solidariteit

Maak jou reg vir die grootste, lekkerste Ambagfees nóg in 2025 

Deur Maryna Eksteen

Dit mag soms vir jou voel of jou vaardighede as ambagspersoon ongesiens verbygaan. Die ambagte is van die mees gesogte beroepe in Suid-Afrika, tog is dit ook ʼn beroepsveld waarin die grootste tekort aan kenners ervaar word. Die Solidariteit Ambagnetwerk sien jou raak, beste ambagspersoon, en daarom wil ons saam met jou feesvier op Ambagdag.

Dink net aan die reuk van braaivleisvure, lekker Afrikaanse musiek, toutrek-kompetisies, motors in alle gestaltes en ʼn atmosfeer op die Sol-Tech Plaas wat aansteeklik is! Dit is nie net hoe ons die Solidariteit Ambagnetwerk se Ambagfees beskryf nie, maar hoe die vorige fees ervaar is. Die een in 2025 beloof om nóg groter en beter te wees.

Jy kan jouself gereed maak vir ʼn Ambagfees wat gaan gons! Solidariteit, in samewerking met Sol-Tech, bied op 15 Maart 2025 vir die derde jaar agtereenvolgens die Ambagfees aan en jy kan na so baie dinge uitsien. Daar gaan byvoorbeeld talle uitstallers uit jou bedryf wees met wie jy kan gaan kennismaak. Dit maak nie saak of jy ʼn elektrisiën of ʼn dieselwerktuigkundige is nie, daar gaan iets wees vir jou! Dié keer kan jy ook uitsien na ʼn regstreekse uitsending van die #JouYster se topvyf-beoordeling, en studente kan uitsien na ʼn student tot meester-vaardigheidskompetisie. Sol-Tech gaan ook vir die eerste keer ooit ʼn reünie van Sol-Tech se alumni op Ambagdag hou, en as jy ʼn oudstudent is, is dit ʼn geleentheid wat jy nie wil misloop nie.

Die Solidariteit Ambagnetwerk is jou loopbaanvennoot op jou pad na sukses. Die ambagsberoepe verkeer onder druk. Juis daarom tree dié beroepsnetwerk nie net as waghond vir die beroep op nie, maar beywer hy hom ook daarvoor om die gehalte van ambagslui en die bedryf in die geheel te bevorder. Opleiding hiervoor word deur Solidariteit verskaf. Beroepsnetwerklede is trotse mense wat deel vorm van ʼn beroepsgemeenskap waar ʼn netwerk van werk tot voordeel van individue en tot voordeel van ʼn beroep gevestig word. Klik hier om meer oor hierdie beroepsnetwerk te lees.

Hier is ʼn paar aptytwekkerfoto’s van wat jy gemis het as jy nie 2024 se Ambagdag bygewoon het nie:

Moenie 2025 se Ambagfees mis nie, ons sien jou daar!

Meer inligting oor hierdie geleentheid sal volg. Hou jou Ambagnetwerk-groep dop vir meer inligting oor die Ambagfees.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel