loading
Artikels
2 dae gelede
mooi-einde-vir-skoonheidsterapeut-na-lelike-afdanking

Foto Krediet: Verskaf

Mooi einde vir skoonheidsterapeut ná lelike afdanking

Deur Heléne Mocke

ʼn Skoonheidsterapeut, wie se loopbaan oornag deur ʼn onregverdige afdanking omvergegooi is, is met die hulp van Solidariteit weer op haar voete.

Nicoleta Hajialexandrou het ʼn kompensasiebedrag van sowat R10 000 van haar voormalige werkgewer ontvang. Die werkgewer is deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verplig om hierdie vergoeding aan die lid uit te betaal.

Die gebeure wat aanleiding gegee het tot haar afdanking het begin toe Hajialexandrou die venster se blinders in die kantoor hanteer en kwansuis beskadig het. Sy voer aan sy wou slegs die blinders oopmaak, maar haar werkgewer het van haar verskil en besluit om Hajialexandrou te “beboet” – ʼn boete wat Hajialexandrou geweier het om te betaal.

Sy het daarna soos gewoonlik vir werk aangemeld en is tot haar skok summier sonder dissiplinêre verhoor of skorsing in kennis gestel dat sy afgedank word.

Sy het haar werkgewer se rede vir afdanking bevraagteken.

Solidariteit het opgetree om die duidelike onregverdige praktyke in Hajialexandrou se werkplek te beveg en het haar saak voor die KVBA verdedig.

Die Kommissaris het bevind dat die afdanking wel onregverdig was en die werkgewer aangeraai om ʼn skikking te oorweeg. ʼn Ooreenkoms is bereik, waarvolgens Hajialexandrou ʼn bedrag van R10 000 ontvang het. Verder is die werkgewer ook verplig om ʼn neutrale verwysingsbrief aan haar te verskaf.

“Dit is totaal onaanvaarbaar dat ʼn werkgewer sonder regmatige gronde ʼn werknemer se diens beëindig,” het Lucindi van Zyl, litigant by Solidariteit, gesê.

Solidariteit sal vir sy lede intree in gevalle waar hulle onregverdig in die werkplek behandel word.

Sluit vandag nog by Solidariteit aan om werkbeskerming in jou beroep te geniet.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel