loading
avatar
Artikels
1 maand gelede
mynbou-topvyf-vraagstukke-in-april-2026

Foto Krediet: OkayDeer

Mynbou: Topvyf-vraagstukke in April 2026

Verskeie mediaberigte in April 2026 het aangedui dat Suid-Afrika se mynbousektor steeds onder groot druk verkeer ondanks tekens van groei in sekere kommoditeite. Kwessies soos onwettige mynbou, swak spoor- en hawe-infrastruktuur, hoë bedryfskoste en beleidsonsekerheid het gereeld opslae gemaak. Kommer oor beleggersvertroue, logistieke beperkings en druk op die staalbedryf het die uitdagings in die sektor verder beklemtoon. Die volgende vyf vraagstukke het besonder sterk na vore gekom:

1. Gesamentlike optrede teen onwettige mynbou in Noordwes

Die polisie en weermag span kragte saam om onwettige mynbou in Noordwes te bekamp, met die doel om misdaad te beperk en stabiliteit in die sektor te herstel.

Lees hier meer.

2. Beleid en infrastruktuur knou beleggersvertroue

Die mynbedryf toon potensiaal vir groei, maar infrastruktuur- en beleidsprobleme beperk belegging en langtermynontwikkeling.

Lees hier meer.

3. Ferrochroombedryf in Suid-Afrika onder toenemende druk

Merafe Resources het ʼn donker prentjie geskets van Suid-Afrika se ferrochroombedryf en gewaarsku dat die sektor onder geweldige druk verkeer weens hoë elektrisiteitskoste, swak marktoestande en sterk mededinging van China.

Lees hier meer.

4. Swak logistiek bedreig Suid-Afrika se mangaanuitvoere

Mynmaatskappye, veral in die mangaanbedryf, het beklemtoon dat swak spoor- en hawe-infrastruktuur uitvoere beperk en Suid-Afrika se mededingendheid benadeel.

Lees hier meer.

5. AMSA waarsku oor druk op Suid-Afrika se staalbedryf

ArcelorMittal Suid-Afrika (AMSA) het die regering gekritiseer oor sy stadige reaksie op die krisis in die plaaslike staalbedryf.

Lees hier meer.

Hou Solidariteit se Mynbousektorgroep dop vir die jongste nuus en gebeure in jou beroep.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel