loading
Artikels
1 week gelede
n-begroting-wat-jou-huishouding-gaan-verarm

Foto Krediet: Verskaf

ʼn Begroting wat jou huishouding gaan verarm

Die ANC-begroting raak jou persoonlik en dit gaan beslis nie nét oor BTW nie.

Só sê Theuns du Buisson, ekonomiese navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI). Lees meer hier.


Volgens hom is hierdie begroting een wat ʼn desperate ANC aan Suid-Afrikaners wil afsmeer, wat ook jóú begroting onder geweldige druk gaan plaas.

“Minister Godongwana het onder meer besluit om nie die inkomstebelastingkerwe aan te pas nie. Indien jy dus voorheen onder ʼn belastingkerf geval het waar jy byvoorbeeld 21% inkomstebelasting betaal het, en jy nou ʼn verhoging kry, val jy dán moontlik onder ʼn 25%- of 36%-belastingkerf.

“Dit sou nie in die verlede gebeur het nie, aangesien die kerwe gewoonlik in lyn met gemiddelde salarisverhogings of inflasie aangepas is. Dit is egter nie hierdie keer die geval nie en baie mense gaan volgende maand skrik as hulle na hul betaalstrokies kyk.

“ʼn Groter deel van belaatingbetalers se salarisse gaan só aan die regering afgestaan word en hulle gaan veel meer belasting as in die verlede betaal. Dit is benewens die verhoogde BTW wat hulle ook verder gaan knou,” sê Du Buisson.

Du Buisson glo hierdie versuim om weereens nie die belastingkerwe aan te pas nie, huishoudings onder geweldige druk gaan plaas. Dit terwyl mense ook meer gaan moet betaal vir inkopies weens die BTW-verhoging, sonder om groter waarde daaruit te kry.

Suid-Afrikaners is volgens hom nie naastenby kwaad genoeg vir die ANC oor die wyse waarop hulle hierdie begroting wil gebruik om landsburgers verder te straf nie.

“Die ANC doen niks om hul uitgawes te besnoei met die opstel van die begroting nie. Dan beskuldig hulle partye wat dit teenstaan, soos die DA en die VF+, daarvan dat hulle onstabiliteit veroorsaak.

“Die werklike onstabiliteit is dít wat hierdie begroting gaan meebring. Dit gaan tot die onstabiliteit van etlike huishoudings lei wie se persoonlike begrotings eenvoudig nie meer gaan klop nie,” sê Du Buisson.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel