loading
Artikels
11 maande gelede
n-begrotinggids-vir-jong-werkendes

Foto Krediet: Solidariteit

ʼn Begrotinggids vir jong werkendes

Deur Ané Janse van Rensburg

Petrolgeld, huurgeld of trougeld – hoe ver rek jy elke maand jou beginnersalaris? As jong werkende lyk jou spaar- en begrotingsproses moontlik nou ʼn bietjie anders as in jou studentedae.

Al was jou “spaarplan” dalk eenvoudiger toe jy jonger was, kan ʼn begroting as ʼn jong werkende baie meer lonend wees. Jong werkendes word gereeld gewaarsku dat dié nuwe fase in hulle lewens vol uitdagings en aanpassings is. Solidariteit Jongwerkende bied op 20 April 2024 ʼn gratis aanlyn sessie aan waar ʼn finansiële kenner jóú gaan leer hoe om op ʼn klein salaris te begroot.

“Begrotings is baie meer as om net perke op jou besteding te stel. Dit is waardevol ten opsigte van die bestuur en groei van jou finansies, asook om finansiële vryheid vir jouself te skep,” sê Chereé Meyer, organiseerder van Solidariteit Jongwerkende.

Wat kry jy as jy vir die sessie registreer?

  • ʼn GRATIS begrotingstemplaat. Voltooi jou begroting in minder as 10 minute danksy hierdie templaat wat die somme outomaties vir jou doen.
  • ʼn GRATIS profiel op Solidariteit met baie finansiële advies en artikels wat oor jou werk handel.
  • Toegang tot die GRATIS interaktiewe sessie met ʼn finansiële kenner wat al jou vrae kan beantwoord.

As jy wil leer hoe om op ʼn begroting vir ʼn jong werkende te oorleef, registreer hier vir ons begrotingsessie.

Solidariteit bemagtig jou deur die kennis van kenners met jou te deel sodat jy as jong werkende jou stempel met selfvertroue op die grootmenswêreld kan afdruk. Klik hier om ʼn profiel op Solidariteit te skep en ontdek die voordele wat die Jongwerkende-lidmaatskap bied.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel