Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
ʼn Gratis begrotingstemplaat beskikbaar op Solidariteit se Studeerkamer
Die grootste uitdaging wat jy as jong volwassene in die gesig moet staar, is die opstel van ʼn begroting. Jy het dalk onlangs vir die eerste keer begin werk en jy moet elke sent drie keer omdraai om met jou klein salaris uit te kom. Wanneer het die lewenskoste so hoog geword? En dan praat ons nie eers van die brandstofpryse nie!
Hoe bekostig ʼn mens dit alles?
Laai jou gratis begrotingstemplaat af en raak geldslim danksy Solidariteit! Hier by Solidariteit verstaan ons dat jong mense wat onlangs die arbeidsmark betree het, sukkel om aan die einde van die maand met hul geld uit te kom. Al jou geld word bestee aan huur, brandstof en kos en dan is daar nie eens geld oor vir lééf nie.
Solidariteit het op ons nuutste aanbod, die Studeerkamer, verskeie bronne gratis beskikbaar gestel wat jou in jou loopbaan en werk kan bemagtig.
Wat is die Studeerkamer?
Die Studeerkamer is ʼn skatkis van hulpbronne vir lewe en werk, en sluit in template, gidse, insiggewende video’s en vele meer. Die begrotingstemplaat is maar net een van talle bronne wat jou kan help om die uitdagings van die grootmenslewe te hanteer.
Hoe kan ek die begrotingstemplaat aflaai?
Dis eenvoudig! Klik hier om die Studeerkamer met al sy bronne te besoek. Klik hier om die begrotingstemplaat af te laai. Wees in beheer van jou finansies en laai jou begrotingstemplaat af. Jou finansiële situasie was nog nooit só goed beplan nie!
Het jy geweet dat jong werkendes afslag op Solidariteit-lidmaatskap kry? Daarmee saam geniet jong werkendes die volledige voordele wat met Solidariteit-lidmaatskap gepaard gaan. Word jy in die werkplek beskerm? Het jy toegang tot regsadvies? Solidariteit-lidmaatskapbied dit alles en talle ander voordele, soos gratis kursusse vir voortgesette leer en selfs ʼn vakansievoordeel. Word vandag nog ʼn lid van Solidariteit en bereik jou volle potensiaal!