Fotokrediet: Okay Deer
Gekopieër
Wanneer transformasie belangriker raak as veiligheid: ʼn Herbesinning oor die SAPD se bestuursprioriteite
Wat verwag gewone Suid-Afrikaners van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD)? Hulle verwag om beveilig te word.
Waarom word senior bestuurders van die SAPD dan op grond van hul verbintenis tot diversiteit in die werkplek beoordeel?
In sy uitgebreide ontleding ondersoek Theunis van Staden, koördineerder vir Solidariteit se openbare sektor, die SAPD se omsendbrief van 7 Julie 2026 waarin transformasie, insluiting en verteenwoordiging deel van senior bestuur se prestasiebeoordeling ingevolge die prestasieverbeteringsproses (PEP) gemaak word.
Hy voer aan dat prestasiemaatstawwe bepaal waarop bestuur fokus en dat die SAPD se prioriteite, te midde van Suid-Afrika se ernstige misdaadkrisis, eerder op sy grondwetlike kernmandaat gerig behoort te wees.
Klik hier om Theunis van Staden se uitgebreide ontleding te lees.