
Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
ʼn Joernaal vir tieners: jou tiener is nie gebreek nie, sy is maar net besig om ʼn mens te word
Deur Kyla-Ann du Toit
Daar is dae wat jy dalk voel of jou tienerdogter se emosies soos die weer in die Kaap is: een oomblik is sy warm (vriendelik en liefdevol), en die volgende oomblik is sy koud (stil en praat min). Jy probeer vrae vra, rigting gee en sin maak van haar emosies, maar tog voel dit asof jy net nie weet hoe, waar of wat nie.
Hierdie teenstrydighede is nie ʼn teken dat iets fout is nie. Dit is maar net deel van haar unieke reis om groot te word. Jou tiener is nie “gebreek” nie – sy is net besig om te groei.
ʼn Gids vir groei
Tienerjare is jou kind se vormingsjare. Dit is ʼn tyd waar vrae meer word, emosies oorweldigend voel en onsekerheid heers. Dit is ʼn tyd waar ouers leiding moet bied, terwyl tieners net verstaan wil word. Solidariteit se Tienertruuks vir oorlewing-joernaal is presies wat jy en jou tienerdogter in hierdie fase nodig het.
Die joernaal is ontwerp om jou dogter te help om haar eie denke, emosies en behoeftes beter te verstaan en te verwoord. Dit bied die antwoorde op haar vrae en die ruimte om, teen haar eie tempo, deur die proses van selfontdekking te beweeg. Vir jou as ouer is dit ʼn manier om nader aan haar te groei, met die nodige begrip en nuuskierigheid, eerder as met beheer en verwagting.
Wat gaan die joernaal haar leer?
Die joernaal neem haar op ʼn pad van persoonlike groei en insig. Dit dek onderwerpe soos:
- • hoe om emosies te herken en te verstaan;
- • hoe om onderliggende behoeftes agter jou gevoelens raak te sien;
- • hoe jou gedagtes, optrede en selfbeeld beïnvloed word;
- • hoe om konflik opbouend te hanteer en kritiek gesond te verwerk;
- • hoe om persoonlike grense met selfrespek te stel;
- • hoe om gesonde verhoudings te bou en empatie te ontwikkel;
- • hoe om verantwoordelikheid vir jou keuses te aanvaar;
- • hoe om probleme op te los en stres te bestuur;
- • hoe om jou tyd, energie en prioriteite te balanseer;
- • hoe sosiale media jou selfbeeld en verhoudings kan beïnvloed; en
- • hoe om drome en doelwitte te vorm wat by jou unieke reis pas.
Ruimte vir eerlike en duidelike gesprekke
Tienertruuks vir oorlewing bied vir jou en jou dogter die geleentheid om mekaar beter te verstaan, maar ook om makliker met mekaar te gesels. Al wat jy hoef te doen is om haar aan te moedig om die joernaal af te laai en te begin lees.
Indien jou kind nog nie ʼn profiel op Solidariteit het nie, skep vandag nog ʼn gratis profiel. Sodra julle ingeteken is, klik op “Skolier” en laai die joernaal onder “My Boublokke” af. So maklik soos dit!
Hierdie joernaal is nie ʼn “oplossing” nie, maar ʼn kompas vir jou dogter se toekomspad en vir jou as ouer wat saamstap.
Klik hier vir meer inligting oor Solidariteit se Skoliere-aanbod en help jou kind om haar volle potensiaal te bereik!