loading
Artikels
2 dae gelede
n-joernaal-vir-tieners-ons-praat-elke-dag-maar-se-ons-ooit-iets-wat-saak-maak

Foto Krediet: Okay Deer

ʼn Joernaal vir tieners: ons praat elke dag, maar sê ons ooit iets wat saak maak?

Deur Kyla-Ann du Toit

As ouer van ʼn tienerseun kom jy seker agter dat die gesprekke korter raak, die antwoorde minder en die stiltes langer. Jy vra vir hom: “Hoe gaan dit met skool?” en hy antwoord: “Fine.” Jy vra: “Is iets fout?” en hy antwoord: “Nee.” Dit kan frustrerend wees, maar tog is dit vir ouers belangrik dat hul kind maklik en eerlik met hulle oor dinge wat regtig saak maak kan gesels.

ʼn Gids vir jou tienerseun

Tienerseuns beleef intense emosies, maar sukkel dikwels om dit te verstaan of te verwoord. Hulle het vrae en drome, maar weet nie altyd hoe om daaroor te praat of met wie om te praat nie. Wat hulle nie maklik sê nie is dat hulle honger is vir leiding en rigting. Dít is presies wat Solidariteit se Tienertruuks vir oorlewing-joernaal bied: ʼn praktiese en eerlike gids wat jou seun kan help om homself beter te leer ken, en vir jou as ouer ʼn manier gee om hom beter te verstaan en makliker met hom te praat.

Die joernaal begin by selfkennis: emosies, denke, behoeftes en selfbeeld. Jou kind sal leer hoe om gesonde grense te stel, konflik te hanteer en besluite met selfvertroue te neem. Die joernaal fokus ook op streshantering, probleemoplossing, doelwitstelling, tydbestuur en toekomsbeplanning. Alles is informeel geskryf sodat hulle nie sommer maklik verveeld kan raak nie. Dit is nie ʼn boek met klomp lesse nie, maar ʼn handleiding vir groei.

Kernonderwerpe in die joernaal

1. Selfkennis en emosionele intelligensie:

• Help tieners om hul eie emosies, waardes en behoeftes te verstaan.

• Leer hulle hoe selfbewustheid en -respek hul besluite en gedrag beïnvloed.

2. Verhoudings en kommunikasie:

• Leer praktiese vaardighede aan soos aktiewe luister, stel van gesonde grense en konflikhantering.

• Beklemtoon respekvolle verhoudings met ouers, vriende en onderwysers.

3. Druk en besluitneming:

• Gee strategieë om groepsdruk te weerstaan en gesonde keuses te maak.

• Help tieners om verantwoordelikheid vir hul dade te neem.

4. Stres- en tydbestuur:

• Bied realistiese maniere om stres te herken en te hanteer.

• Moedig beplanningsvaardighede en selfdissipline aan.

5. Sosiale media en selfbeeld:

• Fokus op digitale verantwoordelikheid en die impak van sosiale media op selfwaarde.

• Beklemtoon die belang van egtheid en ʼn gesonde selfbeeld.

6. Toekomsfokus:

• Moedig drome, doelwitte en loopbaanbeplanning aan.

• Help tieners om realistiese planne te maak en volhoubaar aan hul toekoms te werk.

Tydlose lesse vir tieners én ouers

Hierdie joernaal is ʼn geleentheid vir jou en jou tienerkind om mekaar beter te verstaan en makliker met mekaar te gesels. Al wat jy hoef te doen is om hom aan te moedig om die joernaal af te laai en te begin lees.

Hierdie joernaal is ʼn rigtingwyser vir jou seun, maar ook vir jou as ouer. En dit is heeltemal gratis! Klik hier om die joernaal af te laai.

Indien jou kind nog nie ʼn profiel het nie, skep vandag ʼn gratis profiel op Soliditeit. Sodra jy ingeteken is, klik op “Skolier” en laai die joernaal onder “My Boublokke” af. So maklik soos dit!

Hierdie joernaal is slegs ʼn druppel in die emmer van alles waarmee Solidariteit se Skoliere-aanbod jou en jou kind kan bystaan. Klik hier vir meer inligting en help jou kind om sy volle potensiaal te bereik!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel