loading
Artikels
2 weke gelede
n-rasskild-van-hoop-hoe-solidariteit-jou-teen-diskriminasie-beskerm

Foto Krediet: OkayDeer

’n Rasskild van hoop: Hoe Solidariteit jou teen diskriminasie beskerm

Deur Marné Pienaar

In ’n land waar werk onseker is, die ekonomie wankel en mense moedeloos begin voel, is Solidariteit soos ’n skild vir sy mense. Net soos wat ʼn superheld tussen sy mense en die skurk staan om hulle te beskerm, só tree Solidariteit vir jou in teen die rasgedrewe diskrimenerende wette van die regering. Een van die pilare nl. die rasskild is die eerste en mees noodsaaklike van Solidariteit se Beskermingsplan en beteken beskerming teen diskriminasie.

Solidariteit sien al vir 30 jaar lank hoe rassewette en beleidsrigtings stelselmatig die toekoms van gewone Suid-Afrikaners steel. Solidariteit glo egter in ʼn “Ons sal self”-beweging en nes ons voorouers nie net hande lug gegooi en die knie gebuig het nie, sal Solidariteit ook nooit ophou veg sodat jy vry, veilig en voorspoedig hier aan die suidpunt van Afrika kan leef nie. Met meer as 200 000 aktiewe lede word daar nie net gepraat nie – daar word opgetree. Die rasskild is nie ’n passiewe verdediging nie; dis ’n aktiewe, kragtige beweging van mense wat sê: “Genoeg is genoeg!”

Hoop te midde van onreg

Die regering se rassebeleide – regstellende aksie, SEB, rasfondse en sektorale teikens – het nie ongelykheid, armoede of werkloosheid verlig nie. Inteendeel, dit het dit vererger. En tog – binne hierdie werklikheid – sorg Solidariteit dat daar steeds ʼn ligstraal van hoop in donker Afrika skyn. Hoop. Hoop wat gebou is op geregtigheid, meriete en gemeenskap.

Solidariteit beveg hierdie diskriminerende wetgewing op vier vlakke:

  • • Regsaksies teen rasgebaseerde indiensneming
  • • Internasionale klagtes by die VN en die IAO
  • • Memorandums aan G20-lande om diplomatieke druk op Suid-Afrika te plaas
  • • ’n Regsfonds van R7 miljoen om regverdigheid in die howe af te dwing

Solidariteit draai nie sy rug wanneer gevaar wink nie. Nee, Solidariteit neem aktief stappe om die toekoms te herontwerp.

Nie net téén iets nie, maar vír iets

Die rasskild is nie net ’n verset teen onreg nie. Dit is onder andere toewyding aan meriete, aan talent, aan die eerlike man en vrou wat net ’n kans wil hê. Dis beskerming sodat jou kind kan droom, jou gesin kan beplan, en jy weer kan werk sonder vrees dat jou ras teen jou sal tel.

Hierdie beskerming is nie afgeleë of onrealisties nie – dit is hier, nou, en binne jou bereik. Dit leef in die beroepsnetwerke, die arbeidsregshulp, die onderhandelinge, en op die platforms wat Solidariteit vir sy lede skep. En dit groei elke dag.

Ons is nie alleen nie

Afrikaners is nie meer net ’n stem vanuit die wildernis nie. Die wêreld kyk skielik na ons. Internasionale vennote luister. Daar is groter steun as ooit vir regverdigheid, en Solidariteit is die brug tussen daardie wêreld en die Afrikaner-minderheid wat ’n bestaan in Suid-Afrika wil maak – nie as ’n slagoffer nie, maar as ’n bydraer.

Die toekoms begin by jou!

Hierdie rasskild sê vir jou as lid van Solidariteit: jy is nie alleen nie. Jy het regte. Jy het ’n toekoms. En jy het ’n gemeenskap wat saam met jou staan.

Die hoop vir ’n nuwe toekoms word ’n werklikheid.

Dis nie net woorde nie – dis ’n belofte. ’n Belofte dat Afrikaners nie stil-stil gaan verdwyn nie. Ons is hier om te bly. Ons gaan saam veg. Ons gaan saam bou. En saam gaan ons beskerm.

Ondersteun ons Beskermingsplan en wees deel van ’n beweging wat reeds vir jou en jou nageslag hoop bring!

Lees die volledige Beskermingsplan hier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel