
Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
Netwerke werk – gebruik dit tot jou voordeel
Deur Kyla-Ann du Toit
Jou loopbaan begin nie net met ʼn goeie CV nie – dit begin by mense. Jou netwerk kan jou grootste bate wees, en as ʼn jong of selfs onervare werknemer is dit nou belangriker as ooit om aktief te netwerk. Jy is gelukkig nie alleen nie – Solidariteit bied vir jou die perfekte geleentheid om dit te begin doen!
Wat is netwerkvorming en waarom is dit belangrik?
Netwerkvorming behels die bou van verhoudings met mense in jou beroep. Dit kan vriende, kollegas, mentors en dosente wees of selfs mense wat jy aanlyn of by geleenthede ontmoet. Hierdie netwerke is dikwels die sleutel tot werkgeleenthede, nuwe vaardighede en mentorskap. ʼn Sterk netwerk:
- • kan inligting oor beskikbare werkgeleenthede verskaf, insluitend poste wat nog nie geadverteer is nie;
- • kan advies en ondersteuning van mense in jou beroep bied; en
- • gee jou die geleentheid om by kundiges in die beroep te leer.
Hoe netwerk ek as ek nog nuut in die werkplek is?
Ek weet – dit kan ongemaklik voel om ʼn gesprek met meer ervare mense in jou beroep aan te knoop. Maar onthou: almal het iewers begin!
Jy kan eenvoudig begin:
- • Begin aanlyn: Stuur ʼn kort, persoonlike uitnodiging op LinkedIn aan studie- of beroepsgenote, dosente of kollegas.
- • Gebruik bestaande kontakte: Gesels met mense wat jy reeds ken. Hulle kan dalk goeie raad gee of jou aan ander mense voorstel.
- • Woon netwerkgeleenthede by: Loopbaandae en beroepsnetwerkgeleenthede is ideale geleenthede om nuwe mense in jou beroepsveld te ontmoet. Jy hoef nie met almal te praat nie – net een goeie gesprek kan jou netwerk verbreed. Lees hier hoe om slim te netwerk.
- • Wees nuuskierig: Vra vrae en luister aandagtig wanneer jy met ander gesels. Jy bou vertroue deur opregte belangstelling te toon. Die goue reël: Luister meer as wat jy praat.
- • Volg op: ʼn Kort “dankie”- of opvolgvraag ná ʼn ontmoeting hou die gesprek aan die gang en bou jou netwerk verder uit.
- • Sluit by ʼn beroepsnetwerkgroep aan: Solidariteit maak dit vir jou sommer baie maklik met ʼn aanlyn groep wat spesifiek vir jou beroep ontwikkel is. Hier kan jy toegang tot beroepsverwante inligting, nuus en posadvertensies kry – en maklik en vinnig met mense in jou beroep skakel.
Solidariteit is jóú beroepstuiste
Solidariteit het beroepsnetwerke geskep sodat mense werklik ʼn gemeenskap het waar hulle kan leer en groei. Hierdie netwerke fokus op die versterking van elke beroep, die mentorskap van jong mense en tree aktief as waghond vir uitdagings in die bedryf op.
Waarom moet jy by ʼn beroepsnetwerk aansluit?
- • ʼn Beroepspesifieke netwerk: Word deel van ʼn netwerk waar jy met beroepsgenote kan skakel en op hoogte van relevante nuus kan bly.
- • Afslag op kursusse: Kry groot afslag op aanlyn kursusse wat ontwerp is om jou te help om in jou loopbaan te groei en bo ander in jou veld uit te staan.
- • Netwerkgeleenthede: Woon werkwinkels en netwerkgeleenthede by wat jou toelaat om persoonlik met werkgewers en ander mense in jou beroep te netwerk.
- • Mentorskapprogramme: Sluit by ʼn mentorskapprogram aan waar ʼn ervare persoon jou professioneel kan begelei en kan help groei.
- • Afrikaanse hulpbronne: Al die hulpbronne is gebruikersvriendelik en in Afrikaans beskikbaar, wat jou werksoekproses en loopbaanontwikkeling ondersteun.
Hierdie is slegs ʼn druppel in die emmer van al die voordele wat jou beroepsnetwerk jou bied! Klik hier vir meer inligting oor Solidariteit se beroepsnetwerke.
So maklik soos een, twee, drie!
Klik hier om jou gratis Solidariteit-profiel te skep en begin aan die verhoudings te bou wat jou loopbaan ʼn hupstoot sal gee. Jou netwerk is nie net ʼn hulpmiddel nie – dit is jou loopbaan se fondament.
Moenie wag tot jy “meer ervaring” het nie – begin vandag nog om jou netwerk uit te brei!