loading
Artikels
1 dag gelede
raak-tuis-by-die-solidariteit-it-netwerk

Foto Krediet: Okay Deer

#RaakTuis by die Solidariteit IT-netwerk

Deur Maryna Eksteen

Verandering vind voortdurend plaas en daarom verstaan Solidariteit dat ons nie die gety van verandering kan terugdruk soos ander vakbonde oor die wêreld heen poog om te doen nie. Solidariteit lei sy lede op en help om gemeenskappe weer op te bou waar Afrikaners vry, veilig en voorspoedig in Suid-Afrika kan voortbestaan.

Die Solidariteit IT-netwerk is ʼn aanlyn bymekaarkomplek waar IT-praktisyns met mekaar kan netwerk en skouers skuur om uitdagings in die beroep saam aan te pak.

ʼn Nuwe era vereis ʼn nuwe benadering

Die kennisrevolusie het die ekonomiese struktuur so verander dat die tradisionele nywerheidsvakbond byna irrelevant geword het. Solidariteit het dus sy fokus na werkfasilitering verskuif en beroepsnetwerke vir verskillende beroepe gevestig, en daarby het Solidariteit ook ʼn tuiste vir Inligtingstegnologie (IT) geskep. IT is ʼn dinamiese en diverse veld. Dit is die sleutel wat nuwe geleenthede ontsluit en dit skep strukture waarop ekonomieë gebou word.

Die IT-netwerk is jou loopbaanvennoot, hetsy jy studeer, praktiseer of gereed maak vir aftrede. Ongeag of jy ʼn IT-student, programmeerder of sagteware-ingenieur is, hier kan jy die nodige leiding, raad en ondersteuning by spesialiste in jou beroepsveld kry wat jou uitdagings verstaan.

Bemagtig, beskerm en bou

Solidariteit beskerm, bemagtig en bou vir jou ʼn toekoms! Hier is drie redes waarom jy by die IT-netwerk moet aansluit:

  • • Bemagtig jouself: Leer vir jouself ʼn toekoms oop met voortgesette leer. Solidariteit se aanbod vir voortgesette leer is ʼn platform wat kursusse spesifiek vir jou beroep bied, asook toegang tot kort kursusse wat vir jou meer as net ʼn nuwe venster van jou webblaaier gaan oopmaak. Jy kan ook as ʼn mentor of ʼn mentee deelneem om jou vaardighede uit te brei of om terug te ploeg in jou bedryf – en ʼn verskil te maak. Lees hier waarom voortdurende leer noodsaaklik is vir IT-praktisyns in ʼn vinnig veranderende bedryf.
  • • Word beskerm: Die IT-netwerk tree as waghond op om diskriminasie en uitbuiting in die IT-beroep te beveg. Kry regsadvies oor enige arbeidsaangeleenthede in jou werkplek.
  • • Bou bande: Woon netwerkgeleenthede by waar ons jou die geleentheid gee om met ander kundiges in jou beroep skouers te skuur. Kry toegang tot ʼn netwerk van kundiges in jou beroep.

Hierdie beroepsnetwerk wil saam met jou aan jou professionele netwerke bou en bemagtig jou met die nodige kennis en opleidingsgeleenthede om dit te kan doen. Danksy mentorskappe, werkfasilitering, skaduwerkgeleenthede en internskappe kan jy jou volle potensiaal bereik – met slegs een klik.

Sluit aan en wees deel van die toekoms

Raak deel van ʼn IT-revolusie en neem jou toekoms in jou eie hande. In ʼn wêreld én beroep wat baie vinnig verander, het jy ʼn standvastige en ondersteunende netwerk nodig. Jóú betrokkenheid help om jou beroepsgemeenskap te versterk!

Klik hier om vandag nog by jou IT-netwerk aan te sluit – en wees onmisbaar in jou beroep!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel