loading
Blogs
10 maande gelede
ode-aan-onderwysers

Foto Krediet: Verskaf

Ode aan onderwysers

Dr. Dirk Hermann, tydens SOS-onderwyskongres

Ons salueer ons onderwysers. Vir haar wat die graadeentjie se traantjie afvee wanneer mamma haar by die skool afgee. Wat leer speel, spel, maal en tel.

Ons salueer hom wat kleinboet leer rugby speel, wat hom leer oor reëls, hard werk en saamspeel in ʼn span.

Ons eer hulle vir veilig wees op die skoolgrond, in die klas en in hart en gees. Ons salueer hul onbaatsugtigheid, in die week in die klas, in die aand by debat en oor naweke op gras.

Ons staan op aandag vir hulle wat alles is – onderwyser, ouer, berader, predikant, verpleegster en wat selfs instaan waar ʼn ouer afwesig is.

Ons salueer hulle wat skarnier na ʼn volgende geslag. Vir hulle wat leer oor somme maak en meer, geloof, waardes en lesse vir elke dag.

Ons toon respek vir die vorming van ʼn môre wat kom. Ons stem vandag, maar ons kinders is die toekomsgom.

Saluut vir skool, die plek van onderwyser en kind! Ons staan op vir hulle wat ons kinders aan die toekoms bind.

Ons dank aan hulle wat ons gemeenskap help om sy siel te vind.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel