loading
avatar
Artikels
2 maande gelede
om-grootmense-te-wees-kom-nie-met-n-handleiding-nie-laat-solidariteit-jou-help

Fotokrediet: OkayDeer

Om grootmense te wees kom nie met ʼn handleiding nie – laat Solidariteit jou help!

Leré Nel

Vir ʼn jongwerkende wat pas hulle eerste werk gekry het kan dit moeilik wees om hul plek in die wêreld van werk te vind. Skielik moet jy salarisse, belasting, dienskontrakte, werksonderhoude en loopbaankeuses baasraak. Dit is opwindend, maar dit kan ook oorweldigend wees.

Die waarheid is dat niemand jou regtig leer hoe om ʼn “grootmens” te wees nie.

Dis presies waarom Solidariteit-aanlyn daar is.

Met jou gratis profiel kry jy toegang tot ʼn verskeidenheid hulpmiddels wat dit makliker maak om met selfvertroue deur die eerste paar jaar van jou loopbaan te navigeer.

Kry regshulp wanneer jy dit nodig het

Het jy ʼn vraag oor jou werk? Wonder jy oor jou regte as werknemer? Of is daar dalk iets in jou dienskontrak wat nie sin maak nie?

Met Aanlyn Regshulp hoef jy nie ure lank vir antwoorde te soek nie. Jy kry vinnig toegang tot betroubare regsadvies op enige tyd en plek wat jou help om beter besluite in die werkplek te neem!

Jou eie KI-assistent

Klets, jou nuwe persoonlike KI-assistent, is ook op Solidariteit-aanlyn beskikbaar. Klets help jou met jou werksoektogte, jou CV, onderhoudvoorbereiding, loopbaanontwikkeling en soveel meer. Dis soos ChatGPT, maar beter, veiliger en in Afrikaans!

Bou aan jou loopbaan

Jou eerste werk is net die begin. Daarom kry jy toegang tot hulpmiddels wat jou help om professioneel te groei, jou vaardighede te ontwikkel en jou volgende loopbaanstap met groter sekerheid te beplan.

Jy kan ook deel word van ʼn beroepsnetwerk waar jong werkendes en ervare beroepsmense idees uitruil, vrae beantwoord en mekaar ondersteun.

Jy hoef dit nie alleen te doen nie

Ons weet niemand werk harder aan hulle toekoms as jong werkendes nie. Daarom is dit nie nodig om op jou eie te sukkel nie.

Solidariteit-aanlyn gee jou toegang tot ʼn gemeenskap wat verstaan waardeur jong werkendes gaan. Hier kan jy saam leer, vrae vra, jou ervarings en opinies deel en ondersteuning kry wanneer jy dit nodig het.

Werk slimmer aan jou toekoms – nie harder nie

Om grootmens te wees kom nie met ʼn handleiding nie. Maar jy kán ondersteuning en hulp kry!

Registreer jou gratis profiel op Solidariteit-aanlyn en kry toegang tot ʼn gemeenskap wat jou help om met selfvertroue aan jou loopbaan te bou.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-aanlyn.
Skep vandag nog jou profiel