loading
Artikels
6 maande gelede
ondersteun-so-jou-kind-se-suksesstorie

Foto Krediet: OkayDeer

Ondersteun só jou kind se suksesstorie

Deur Ané Janse van Rensburg

Sukses beteken vir elke kind iets anders. Sommige ouers glo sukses gaan daaroor om te gaan waar die geld is – die idees van goeie finansiële vooruitgang en loopbaangroei. Sukses het egter baie fasette, en wat regtig saak maak, is wat vir jou kind belangrik is en hoe hulle hulself in die toekoms sien.

So, wat wil jy vir jou kind hê? Die antwoord is waarskynlik eenvoudig: dat hulle gelukkig moet wees, ʼn sinvolle loopbaan moet volg en hul drome moet verwesenlik. Maar om hierdie doelwitte te bereik, vereis meer as net akademiese prestasie. Dit gaan oor die balans tussen emosionele gesondheid, fisieke welstand en akademiese groei. Daarom is jou rol as ouer van onskatbare waarde, veral tydens die oorgang van laerskool na hoërskool.

Die groot oorgang

Die skuif van laerskool na hoërskool is ʼn kritieke tydperk in jou kind se lewe. Hulle is nie net besig om fisies te groei nie, maar word ook emosioneel en intellektueel volwasse. Terwyl kinders nuwe uitdagings soos eksamens, meer leerstof en ʼn wyer sosiale omgewing moet bestuur, verg hierdie fase ook aanpassings van ouers. Jou kind gaan deur ʼn vormingstydperk, en die ondersteuning wat jy bied speel ʼn deurslaggewende rol in hoe hulle hierdie uitdagings hanteer.

Hoe kan jy jou kind ondersteun?

Om jou kind deur hierdie oorgang te help, is nie altyd maklik nie. Dit verg geduld, begrip en doelgerigte ondersteuning. Hier is ʼn paar maniere hoe jy hulle kan bystaan:

1. Stel realistiese doelwitte

Dit is belangrik dat jou kind doelwitte stel wat haalbaar en realisties is. Dit help hulle om gefokus te bly en ʼn gevoel van vervulling te ervaar wanneer hulle hul doelwitte bereik. Moedig hulle aan om beide langtermyn- en korttermyndoelwitte te hê.

2. Skep ʼn ondersteunende studie-omgewing

Die regte omgewing kan baie tot jou kind se sukses bydra. Maak seker hulle het ʼn stil, georganiseerde ruimte waar hulle kan studeer. Betrek hulle in die proses om hierdie ruimte te skep – dit help hulle om meer verantwoordelikheid vir hul leerproses te neem.

3. Oefen emosionele ondersteuning

Emosionele intelligensie is net so belangrik soos akademiese prestasie. Leer jou kind hoe om hul emosies te reguleer, veral tydens stresvolle tye soos eksamens. Help hulle om gesonde hanteringsmeganismes soos tydbestuur en ontspanningstegnieke te ontwikkel.

4. Gebruik beskikbare hulpbronne

Daar is soveel hulpbronne wat ouers en kinders kan gebruik om die oorgang van laerskool na hoërskool makliker te maak. Solidariteit bied ʼn gratis videoreeks aan wat ouers help om hul tieners op hierdie pad te ondersteun. Van doelwitstelling tot die skep van ʼn doeltreffende studieroetine, hierdie video’s is ontwerp om beide ouers en kinders met selfvertroue deur die hoërskoolreis te neem. Klik hier om meer oor “My Hoërskoolpad” te lees.

Daar is geen beter manier om jou kind vir hoërskool te help voorberei as om met die regte kennis en strategieë toegerus te wees nie. Solidariteit se gratis aanbod vir skoliere bied waardevolle hulpmiddels wat jou en jou kind deur hierdie oorgang sal ondersteun. Registreer vandag nog vir Solidariteit se gratis Skoliere-aanbod en kry toegang tot nuttige hulpbronne. Skryf jou kind se suksesstorie saam met Solidariteit!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel