
Foto Krediet: Verskaf
Gekopieër
Onderwyser, kom bemagtig jouself
Deur Maryna Eksteen
Die Solidariteit Onderwysernetwerk is ʼn beroepstuiste waar onderwysers bymekaarkom om aan ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms te bou. Solidariteit het homself in ʼn netwerk van werk omvorm wat ten doel het om die volle loopbaanpad saam met sy lede te stap.
Die Onderwysernetwerk is ʼn unieke beroepsnetwerk wat deel is van hierdie netwerk van werk en bied ʼn reeks beroepspesifieke voordele aan onderwysers bied. Hierdie voordele sluit onder meer in om aan onderwysers die geleentheid te bied om hulself te bemagtig, om aan hulle en hul leerders se toekoms te bou en om in die onderwysberoep beskerm te word.
Onderwysers kan hulself bemagtig deur van die voordele wat Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum (SOS) bied, gebruik te maak. Op 20 September 2023 bied die SOS ʼn seminaar spesiaal vir beginneronderwysers en onderwysstudente aan by die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria, en op 18 Oktober by die Vredelust Gemeente in Bellville.
By die seminaar gaan jy insigte en vaardighede verwerf en dit gaan netwerkgeleenthede aan jou bied wat van onskatbare waarde vir jou onderwysloopbaan is. Onderwysers wat navrae hieroor het, kan ʼn e-pos stuur na navrae@skole.co.za of besoek www.skole.co.za vir meer inligting. Bemagtig jouself en neem jou toekoms in jou eie hande of stuur ‘n beginneronderwyser op die kursus om hulself te bemagtig.
Die #Onderwysernetwerk is die eenstopplek vir jou loopbaan. Raak deel van ʼn gemeenskap waar jy altyd tuis in Afrikaans kan wees, want saam kan ons vry, veilig en voorspoedig wees. Indien jy nie ʼn lid van die Solidariteit Onderwysernetwerk is nie, klik hier en sluit vandag nog aan.