loading
Artikels
3 maande gelede
onderwyser-kom-bemagtig-jouself-danksy-die-kursusse

Foto Krediet: OkayDeer

Onderwyser, kom bemagtig jouself danksy dié kursusse

Is jy op soek na praktiese leergeleenthede as onderwyser, waar jy uit die opleidingsessie kan stap en dit wat jy daar geleer het dadelik in jou klas kan toepas? Onderwyser, kom bemagtig jouself met dié kursusse saam met Solidariteit se Onderwysernetwerk. Lees meer hier.


Deur Nico Strydom

Onderwysers is lewenslange leerders wat hulself voordurend professioneel en persoonlik moet ontwikkel om sodoende ook ʼn lewenslange verskil in kinders se lewens te maak.

“Ons werk in ʼn immerveranderende werksomgewing en dit is nodig om seker te maak dat jy die jongste vaardighede, teorieë en al die nuwe tegnologieë wat daarmee gepaardgaan baasraak en kan implementeer,” sê Anlia Archer, ʼn bedryfspesialis en organiseerder van die Solidariteit Onderwysernetwerk, oor die belangrikheid van lewenslange leer vir onderwysers.

Die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (SARO) vereis dat alle geregistreerde onderwysers binne ʼn siklus van drie jaar 150 punte vir voortgesette professionele ontwikkeling (VPO-punte) moet verdien om hul registrasie te behou.

Die Solidariteit Onderwysernetwerk het talle kursusse, selfgerigte aanlyn kursusse en kursusse wat in persoon bygewoon word vir onderwysers beskikbaar wat hulle ook kan help om VPO-punte te verdien.

Van die selfgerigte aanlyn kursusse sluit onder meer in:

  • • Temperamente in die klaskamer
  • • Gevorderde konflikbestuur
  • • Reputasiebestuur van my skool
  • • Professionele optrede

Kursusse wat in persoon bygewoon word, sluit onder meer in:

  • • Kundige konflikbestuur vir onderwysers
  • • Onderwysers en die reg
  • • Kunsmatige intelligensie in die klaskamer
  • • Korrekte identifisering van leesgestremdhede

“Ons glo professionele ontwikkeling gaan hand aan hand met persoonlike ontwikkeling en daarom gee ons toegang vir onderwysers tot kursusse wat regtig relevant is en wat hulle in die werkplek gaan help,” sê Archer.

Die Solidariteit Onderwysernetwerkkan ook opleiding in-persoon by skole aanbied indien daar spesiale behoeftes is. “Ons werk ten nouste saam met die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) en ons bied netwerkgeleenthede aan waaraan daar altyd ʼn opleidingskomponent gekoppel word. Ons nooi onderwysers uit om dit by te woon. Bywoning is gratis vir ons lede. Daar is ook ʼn voordeel vir skole waar 50% plus een lede van Solidariteit is. Die skole kan ʼn versoek aan ons rig vir pasgemaakte opleiding en dan ontwikkel en bied ons ʼn sessie vir daardie spesifieke skool aan.”

Volgens Archer is dié pasgemaakte sessies in groot aanvraag vanweë die praktiese aard daarvan. “As jy uit een van ons opleidingsessies stap, moet jy dit wat jy daar geleer het onmiddellik in jou klaskamer kan gaan toepas. Daar word regtig op praktiese wenke gefokus.”

Die Solidariteit Onderwysernetwerk het ten doel om ʼn beroepsgemeenskap vir onderwysers in Afrikaanse skole te skep waardeur die beroep beskerm en bevorder kan word. Solidariteit se Onderwysernetwerk is ʼn tuiste vir onderwysers waar onderwysers se regte in die onderwyssektor beskerm word. Solidariteit se Onderwysernetwerk takel onderwysaangeleenthede wat Afrikaanse onderwysers raak, insluitende diensvoorwaardes, die behoud van beheerliggaamposte en die verlening van arbeidsregsadvies en bystand.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel