Foto Krediet: Okay Deer
Gekopieër
Skoliere se Netwerk van Werk
Deur Heléne Mocke
Solidariteit se aanbod vir skoliere bestaan uit ʼn netwerk wat ʼn passie deel vir Afrikaans en vir alles wat dit vir jou kind kan inhou. Dit is ʼn ondersteuningsnetwerk met die doel om skoliere op hul eie unieke reis na die wêreld van werk by te staan. Die belangrike fokusareas vir skoliere is bewustheid, bemagtiging en om vir jou kind ʼn gevoel te gee dat hulle aan iets behoort.
Hoërskoolleerlinge word veral gehelp om die regte beroepskeuses te maak. Solidariteit ontwikkel ʼn volledige aanlyn kursus vir hoërskoolleerlinge wat alles rakende beroepskeuses insluit. Lees meer hier.
Solidariteit streef daarna om jou kind se hand te vat en ʼn loopbaanpad met hom of haar te stap. Vakkeuses, studiemoontlikhede, ʼn curriculum vitae (CV) wat jou sal laat uitstaan en internskappe is van die voordele wat jy by Solidariteit se Skoliere-aanbod kan kry.
“Studente word gehelp en voorberei om hul gekose beroep te betree. Hulle word met kennis toegerus en geleenthede word geskep waar hulle in veilige omgewings kritiese gesprekke kan voer en netwerke kan bou,” vertel Mareli Bothma, bestuurder van Solidariteit se Skoliere-aanbod.
Raino Botha, ʼn BA-student in Kommunikasie en Joernalistiek aan Akademia (die privaat hoëronderwysinstelling wat deel is van die Solidariteit Beweging) en ʼn Solidariteit- ambassadeur van 2022, meen dat dié instelling sy studiedrome van skooldae af bewaarheid. “Ek is al vir ʼn paar jaar lid van Solidariteit. Ek het vakkeuse-aande bygewoon en ek het al skaduwerk gedoen. Ek het ook geleer hoe om ʼn CV saam te stel en ek is gereed om die werkplek te betree – al is ek nou eers in my tweede jaar van studie,” sê hy. Botha het in 2022 ʼn internskap van ʼn maand lank by Pretoria FM voltooi.
Skoliere en opleiding is aan mekaar gekoppel. Deur opleiding rus ʼn mens jou kind toe om die werkplek met sukses te betree. In die kennis-era is diegene wat hulself met kennis toerus, dié wat sukses gaan behaal. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het eenkeer vir ʼn joernalis wat gevra het of Solidariteit ook vir ʼn dubbelsyferverhoging gaan staak, geantwoord: “Nee, ons gaan ons lede oplei sodat hulle hul salarisse kan verdubbel.” Solidariteit het dus oor die afgelope 20 jaar grootliks in opleiding belê, en dus ook in die toekoms van ons lede en hulle kinders. Al hierdie opleidingsinstellings word nou ingebind in ons groot Netwerk van Werk. Lees meer hier. Dit is ook een van die redes waarom skoliere vir ons so belangrik is. Hulle gaan nog een van die grootste groeipunte van Solidariteit word