loading
avatar
Artikels
12 uur gelede
ontgin-jou-waarde-aanbod-by-solidariteit-in-2026

Foto Krediet: Solidariteit

Ontgin jou waarde aanbod by Solidariteit in 2026

Beste Solidariteit-lid

Neem asseblief kennis van die jaarlikse Solidariteit-lidmaatskapverhoging wat vanaf 1 Maart in werking sal tree. Jou lidmaatskapfooi sal R218 per maand beloop.

Benut jou bestaande voordele. Registreer jou aanlyn profiel op www.solidariteit.co.za, koppel jou profiel en kry toegang tot:

  • • meer as 150 e-leerkursusse, spesifiek vir jou beroep – van vinnige Excel tot in-diepte projekbestuurskursusse;
  • • hulpbronne vir jou kinders deur Solidariteit se vakkeuse-videoreeks, die “My Hoërskoolpad”-kursus, loopbaanvoorligting en ʼn belangstellingsbepaler wat jou kinders kan help met hulle keuses vir die toekoms;
  • • ʼn beroepsnetwerkgroep waar jy skouers kan skuur met mense in jou bedryf en op hoogte kan bly van die jongste nuus; en
  • • ʼn platform waar jy na werk kan soek of ʼn pos kan plaas, alles op een plek.
  • • Die Solidariteit-app is nou beskikbaar en stel jou in staat om sommer maklik vanaf jou slimfoon jou lidmaatskap te bestuur en al jou voordele te benut! Laai die app nou af: Android/Apple

Het jy al die onderstaande voordele opgeëis?

  • • Die opstel en bewaring van jou testament
  • • 10%-afslag by ons uitgesoekte vakansieoord
  • • Afslag as jou kinders by instellings soos Akademia, Sol-Tech, Bo-Karoo Opleiding gaan studeer of as hulle van die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Wolkskool gebruik maak.

Watter waardetoevoeging kan jy in 2026 verwag?

  • • Jy gaan bykomend tot Solidariteit gebruik kan maak van ʼn  Afrikaanse regsbot – die eerste in sy soort – wat jou kan bystaan met enige arbeidsregtelike navrae.
  • • Jy gaan deel word van ʼn aanlyn gemeenskap op Solidariteit waar jy met ander lede sal kan gesels, vriende maak en werksbande kan smee.

Ons veg doelbewus teen onregverdige regeringsbeleide en rasgebaseerde wetgewing, soos Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB of “BEE” in Engels) en die voorgestelde Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), wat alle Suid-Afrikaners benadeel en ekonomiese groei ondermyn.

Terselfdertyd bou, ondersteun en ontwikkel Solidariteit volhoubare Afrikaanse opleidingsinstellings, soos Akademia, Sol-Tech, Bo-Karoo Opleiding en die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut, sodat gemeenskappe selfstandig kan floreer – sonder om afhanklik van die staat te wees.

Jou volgehoue ondersteuning stel Solidariteit in staat om harder te veg, nóg meer te bou en mense volwaardig te beskerm. Saam bou ons aan ʼn vry, veilige en voorspoedige toekoms.

Jy is deel van ʼn gemeenskap wat saamstaan – teen onreg, vir mekaar, en vir die toekoms. Dankie dat jy deel is van hierdie hart wat elke dag in die gemeenskap klop.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel