loading
avatar
Artikels
22 uur gelede
ope-brief-oor-amazon-se-100-uitsluiting-van-wit-mense

Fotokrediet: LM Photography

Ope brief: oor Amazon se 100%-uitsluiting van wit mense

Toe dit bekend word dat die Amerikaanse tegnologiereus, Amazon, na die Suid-Afrikaanse regering se pype dans met hulle rasideologie, het dr. Dirk Hermann besluit om die maatskappy daaroor aan te spreek.

Lees hier sy ope brief aan Amazon (vertaal uit Engels):

Verwyder ras uit u ondersteuningsprogram

Geagte Amazon

Die Amerikaanse regering beskou Suid-Afrika se rasgebaseerde beleid tereg as ʼn hindernis vir handel.

Een van die vyf kernvereistes van die Trump-administrasie is dat rasgebaseerde vereistes wat aan Amerikaanse maatskappy opgelê word, verwyder moet word.

Solidariteit ondersteun hierdie standpunt.

Tog gaan Amazon, die Amerikaanse tegnologiereus, selfs verder as wat Suid-Afrikaanse wetgewing vereis.

Slegs ondernemings in 100% swartbesit kwalifiseer vir een van Amazon se ondersteuningsprogramme in Suid-Afrika.

Enige wit aandeelhouding diskwalifiseer ʼn onderneming van deelname aan die program.

Amazon verwys na hierdie program, wat mense op grond van ras uitsluit, as “diversiteit”.

Hier is ʼn duidelike teenstrydigheid: Terwyl die Amerikaanse regering veg teen handelsversperrings wat deur rasgebaseerde beleid geskep word, lê Amazon drakoniese rasbeperkings op aan ondernemings wat in Suid-Afrika sake met die maatskappy wil doen.

Uitsluiting op grond van ras is nie diversiteit nie.

Ons doen daarom ʼn beroep op Amazon om ras uit sy ondersteuningsprogram te verwyder. Rasse-uitsluiting is moreel onregverdigbaar.

Dr. Dirk Hermann

Hoof uitvoerende beampte: Solidariteit

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-aanlyn.
Skep vandag nog jou profiel