loading
Artikels
11 maande gelede
professionele-voorkoms-en-optrede-in-die-werkplek

Foto Krediet: OkayDeer

Professionele voorkoms en optrede in die werkplek

Deur Nico Strydom

ʼn Mens kry net een geleentheid om ʼn goeie eerste indruk te skep, en daarom is jou professionele voorkoms en optrede in die werkplek van die uiterste belang.

In die kursus van Solidariteit, Professionele voorkoms in die werkplek,” sal Janine Fourie, eienaar van Muse by Janine, jou nie net talle wenke gee oor hoe om te sorg dat jou voorkoms gepas is vir die werkplek en hoe om professioneel op te tree nie, maar sy gaan jou ook bemagtig om jouself te vind om sodoende die beste weergawe van jouself te wees.

Fourie, ook ʼn predikant, motiveringspreker en skrywer, gaan in op verskeie temas om jou te help en te bemagtig om selfliefde te kweek om jou roeping, natuurlike talente en vaardighede uit te leef. Daar word onder meer beklemtoon hoe belangrik dit is om tyd vir jouself in te ruim sodat jy uiteindelik kan floreer en ook ander kan dien. Dit sluit in om genoeg te slaap, te oefen en ʼn gesonde leefstyl te handhaaf.

Die kursus word in twee sessies aangebied met talle toepaslike onderwerpe wat onder die loep kom.

Daar word gefokus op ʼn mens se voorkoms en die belangrikheid van eerste indrukke. Dit sluit onder meer in goeie selfsorg wat jou hare en vel betref. Fourie gee riglyne oor grimering, parfuum, bykomstighede, hoe om reg aan te trek volgens jou liggaamstipe, watter kleure by watter tipe gelaat pas en watter kleure liefs vermy moet word. Fourie verskaf handige wenke vir klerekasbeplanning en praat ook oor ʼn paar moet-hê-items in jou klerekas.

Daar is praktiese raad en wenke oor hoe om vir belangrike geleenthede voor te berei, of dit ʼn spoggerige funksie, ʼn belangrike werksete of ʼn aanlyn vergadering is, sodat jy die regte indruk kan skep en ten alle tye professioneel kan optree.

Etiket en toepaslike optrede kom ook onder die loep en sluit onder meer in die belangrikheid van ʼn ferm handdruk en om op te staan wanneer jy iemand groet. Die moets en moenies wat geld vir jou teenwoordigheid op sosiale media en hoe dit jou loopbaan kan beïnvloed, word bespreek en daar is wenke oor hoe om jou eie persoonlike handelsmerk te wees.

Nog ʼn belangrike aspek wat behandel word, is kommunikasie. Fourie gee wenke oor hoe om gemaklik te wees wanneer jy voor groot groepe mense moet praat en hoe om deeglik daarvoor voor te berei.

Die doel van die kursus is om jou te help om die beste weergawe van jouself te wees en om sodoende altyd ʼn goeie indruk te skep en professioneel op te tree.

Woon die kursus by: Professionele voorkoms in die werkplek.

Lede van Solidariteit kan hierdie kursus en talle ander gratis bywoon. Indien jy nog nie ʼn lid van Solidariteit is nie, klik hier om binne ʼn minuut aan te sluit.

Indien jy onseker is oor hoe jy vir hierdie kursus kan inskryf, lees hier meer en bemagtig jouself om bo jou mededingers uit te styg. Jou toekoms is in jou hande!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel