loading
avatar
Artikels
2 weke gelede
promosie-romantiese-fliekaand-by-die-voortrekkermonument

Foto Krediet: Verskaf

Promosie: Romantiese fliekaand by die Voortrekkermonument

As daar een ding is waarvan ons almal hou, is dit ʼn goeie storie, ʼn pragtige sonsondergang en die mense wat ons na aan die hart lê. Op 14 Februarie 2026 nooi die Voortrekkermonument jou uit na ʼn fliekaand onder die sterre – een wat jy nie sommer gou sal vergeet nie.

Die gewilde Afrikaanse trefferfilm Pad na jou hart sal fliekgangers se hartsnare behoorlik roer. Dit is ʼn verhaal van selfontdekking, avontuur en liefde wat die gees van Valentynsdag perfek vasvang.

Teen slegs R95 per persoon (vir alle ouderdomme), is dit ʼn bekostigbare maar besonderse manier om die dag van liefde te vier. Bring jou gunstelingkombers, pak ʼn piekniekmandjie en kom maak jouself tuis op die gras by die Markplein, reg voor die trappe van die Voortrekkermonument, terwyl die son sak en die sterre begin skyn.

Bederf jouself met ʼn piekniekboksie

Geen fliekaand is volledig sonder iets lekkers om aan te smul nie. As jy eerder wil ontspan as om jou eie peuselhappies in te pak, laat ons die werk vir jou doen. Teen slegs R160 per boksie kan jy ʼn heerlike piekniekboksie bestel wat die volgende insluit:

  • • ʼn Vars roosterkoek-biefburger
  • • Geurige pestoslaai
  • • Biltong en droëwors
  • • Soutkoekies en ʼn smeerkasie
  • • Klein sjokoladelekkers en ʼn vrugterol vir die soettande
  • • ʼn Verfrissende vrugtesapboksie

Verken die monument teen halfprys

Maak die dag nóg meer spesiaal met ʼn eksklusiewe bonus vir alle fliekgangers. Tussen 15:00 en 18:00 kan jy die ikoniese Voortrekkermonument teen halfprys besoek. Dit is die perfekte manier om die uitstappie af te skop, deur jouself in die ryk geskiedenis van die monument te verlustig terwyl jy die panoramiese uitsigte oor Pretoria bewonder voordat die fliek begin.

Hier is wat jy moet weet:

  • • Datum: 14 Februarie 2026
  • • Plek: Voortrekkermonument, Pretoria
  • • Koste: R95 per persoon per fliekkaartjie (alle ouderdomme)
  • • Besprekings: Klik hier!

Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom. Ons sien uit daarna om hierdie spesiale Valentynsdag saam met jou by die Voortrekkermonument te vier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel