Foto Krediet: Verskaf
Gekopieër
Spesiale afslag op Gé sing: Hoor my lied! vir Solidariteit-lede
Dit is vanjaar 27 jaar sedert die stem van musieklegende, Gé Korsten, vir altyd stil geword het. Sy nalatenskap leef egter steeds voort as ʼn kosbare kultuurerfenis en ʼn blywende invloed op Afrikaanse musiek en ons kultuur.
Herleef die pragtige musiek van Gé Korsten op 1 Maart 2026 by die Voortrekkermonument! Die huldeblykproduksie, Gé sing: Hoor my lied!, onder leiding van Frans Swart, besturende direkteur van Lefra Produksies en bekende regisseur, draai die horlosie terug om ons hartsnare weereens te roer.
Die produksie kombineer oudiovisuele argiefmateriaal van Korsten met projeksies op ʼn reuseskerm, en beloof om ʼn wonderlike vertoning vol nostalgie en herinneringe te wees. Dit is werklik ʼn huldeblyk aan Gé Korsten se lewe en nalatenskap – vertolk deur van Suid-Afrika se voorste kunstenaars wat nuwe lewe aan sy geliefde treffers gee. André Schwartz, Louis Loock, Arina de Witt en Stephanie Baartman, begelei deur ʼn volledige orkes, sal sorg vir ʼn konsert wat beslis vir die geskiedenisboeke bedoel is.
Hier is al die besonderhede wat jy moet weet:
Datum: Sondag 1 Maart 2026
Plek: Voortrekkermonument se Amfiteater
Tyd: 18:00
Die hekke open reeds om 13:00 met vlooimark- en kosstalletjies om te geniet.
20%-afslag vir Solidariteit-lede
Solidariteit-lede geniet 20%-afslag op kaartjies. Gebruik die kode SOL20 wanneer jy jou kaartjie koop om van hierdie aanbod gebruik te maak.
Koop jou kaartjie nou!
Klik hier om jou kaartjie te koop.