loading
Artikels
1 jaar gelede
raak-deel-van-jou-it-beroepstuiste

Foto Krediet: OkayDeer

Raak deel van jou IT-beroepstuiste

Deur Maryna Eksteen

Inligtingstegnologie maak dit moontlik om onder andere op effektiewe maniere inligting te deel en te stoor. Dit ontsluit nuwe wêrelde met eindelose moontlikhede en toepassings wat ʼn kritieke rol in die moderne samelewing speel. Dit dra by tot die ekonomie, skep werkgeleenthede en bevorder groei en innovasie in ander bedrywe. Sonder IT sal die wêreld van werk nie ten volle kan funksioneer nie.

Solidariteit het omvorm in ʼn Netwerk van Werk wat die volle loopbaanpad saam met sy lede stap en daarom het hulle ʼn IT-netwerk ontwikkel. Solidariteit se IT-netwerk is ʼn gemeenskap waar IT-spesialiste bymekaarkom om mekaar te ondersteun. Dié netwerk spits hom daarop toe om beroepe in die IT-bedryf te beskerm, loopbaangeleenthede vir jong mense te skep, as waghond toesig oor die beroep te hou en met werkbare oplossings vir uitdagings vorendag te kom. Met kundiges in die beroep is dit moontlik vir studente om meesters te word en hulle volle potensiaal te ontgin.

Volgens Marius Vorster, ʼn lid van die IT-netwerk is die IT-bedryf ʼn vinnig bewegende masjien waar veranderinge in dié bedryf gewoonlik traag is om na die opvoedkundige proses oorgedra te word. “Solidariteit se benadering om die verskillende stadiums van ʼn loopbaan met mekaar te verbind, het aanklank gevind by die behoud van ʼn gesonde balans tussen onderrig en die werkplek.”

Solidariteit wil ook jong mense in Afrikaans bemagtig om hulle beroep met die nodige inligting en vertroue aan te pak. Alle meesters was eens op ʼn tyd eers studente. Dit is om hierdie rede dat Solidariteit se Student-tot-Meester-netwerkgeleentheid daargestel is om jong mense te bemagtig om ʼn pad saam met meesters in die IT-bedryf te stap.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit moedig IT-spesialiste en jong mense aan om by die IT-netwerk betrokke te raak om saam met Solidariteit ʼn toekoms vir die volgende geslag te bou. “Bemagtig jouself deur opleiding en netwerkgeleenthede. Solidariteit se IT-netwerk is jou beroepstuiste.”

Indien jy deel van die IT-netwerk wil raak,klik hier. Dié beroepsgemeenskap is net ʼn klik weg. Wees onmisbaar in jou beroep en #RaakTuis by Solidariteit.

Werk jou toekoms oop met Solidariteit se IT-netwerk!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel