
Foto Krediet: Verskaf
Gekopieër
Ras moet gestop word – dit sit ons krag af!
Deur dr. Dirk Hermann
Vier rasfeite oor Eskom wat jou woedend sal maak.
Eskom betaal bykans 30% meer vir aankope as gevolg van swartbemagtigingspremies. Dit het ʼn direkte invloed op sy vermoë om kragstasies in stand te hou.
Die verryking van die swart elite hou ons almal – swart en wit – in die donker.
Eskom het deur sy rasbeleid steenkoolprodusente gedwing om hul aandeelhouding te transformeer. Dit het die weg gebaan vir entiteite in ANC-besit of met ANC-bande om hul vingers in die produsente se welvaart kry.
Ons sit in die donker om ANC-kaders te verryk.
Tot 2011 het Eskom die goedkoopste elektrisiteit ter wêreld gelewer. In 2011 het Eskom besluit om ʼn sterk fokus op transformasie en doelstellings vir breë-gebaseerde swart ekonomiese bemagtiging (B-BSEB) te plaas. In 2012 was die kosprys van energie 42% hoër as die vorige jaar, en sedertdien wek Eskom elektrisiteit op teen ʼn gemiddelde koste van 27% hoër as vergelykbare entiteite in lande soos Indië.
Sedert 2000 het Eskom bykans R2 miljard aan sogenoemde plekmaakpakkette betaal om van wit mense ontslae te raak. Tussen 1994 en 2002 het minstens 10 207 wit mense Eskom verlaat, wat ʼn verwoestende impak op vaardighede en institusionele geheue gehad het. Eskom gaan steeds voort met rastellings. Eskom het nooit herstel nie. Sy ras-obsessie het intussen daartoe gelei dat ons ligte vandag afgeskakel word.
Suid-Afrika moet saam opstaan teen rasmalheid wat niks te make het met regstelling nie, maar alles met ras en rande vir die rykes. Almal betaal die prys. Dit is net die elite wat bande met die ANC het wat die voordeel kry en daarom verdedig hulle dit.