loading
Artikels
2 jaar gelede
redes-waarom-jy-by-die-regsnetwerk-moet-aansluit

Foto Krediet: OkayDeer

Redes waarom jy by die Regsnetwerk moet aansluit

Solidariteit se Regsnetwerk bemagtig die volgende generasie en versterk die huidige generasie.

Die regsberoep in Suid-Afrika is onder enorme druk. Daar is geweldige frustrasies van beide die publiek en regslui wanneer dit by interaksie met howe en die regstelsel kom. Hierdie druk spoel oor na alle aspekte van die regsberoep – van gesoute advokate tot bloedjong kandidaatprokureurs ervaar onsekerheid en bekommernis oor die toekoms van die regsberoep.

Solidariteit se Regsnetwerk bied antwoorde op hierdie uitdagings. Dié netwerk het ten doel om vir Afrikaanse regslui soos studente, kandidaatprokureurs en regspraktisyns ʼn tuiste te skep waar lede mekaar kan ondersteun, die beroep kan beskerm en vir jong mense die geleentheid kan bied om hierdie beroep suksesvol te betree.

Waarom moet jy by die netwerk aansluit?

Drie redes waarom jy by Solidariteit se Regsnetwerk moet aansluit:

  • Bou bande:
    • Woon netwerkgeleenthede by waar ons jou geleentheid gee om skouer te skuur met ander kundiges in jou beroep.
    • Kry toegang tot ʼn netwerk van kundiges in jou beroep.
  • Word beskerm:
    • Die Regsnetwerk tree as waghond op om diskriminasie en uitbuiting in die werkplek te beveg. Klik hier om meer te lees oor die Regsnetwerk se insette oor die SEB-wetgewing.
    • Kry regsadvies oor enige arbeidsregsaangeleenthede in jou werkplek.
    • Dié netwerk bied gratis fasilitering van werk.
  • Jy bemagtig jouself:
    • Tree as ʼn mentor vir ʼn jong mens op of ontvang self mentorskapgeleenthede. Lees meer
    • Kry toegang tot kortkursusse op die Solidariteit Leer-platform wat spesifiek vir die regslui saamgestel is om jou meer praktykgereed te maak.
    • Die Regsnetwerk fokus op die toekoms van jong mense in die regte en die netwerk doen dit deur mentorskappe en beursgeleenthede vir hulle aan te bied.

Hoe word ek deel van hierdie gemeenskap?

Netwerklede het die geleentheid om kollektief by die behoud, uitbouing en volhoubaarheid van hul bepaalde beroep betrokke te raak. Dit is jóú bydrae om jou beroepsgemeenskap sterker te maak!

Dit is ons geslag se verantwoordelikheid om die volgende geslag te help. Ons sê skaamteloos #ElkeenHelpEen. Voorheen was daar ʼn staat, staatsinstellings, talle staatsuniversiteite en -kolleges en groot ondernemings wat jong mense ʼn hupstoot gegee het. Nóú is dit die gemeenskap se verantwoordelikheid. As óns dit nie gaan doen nie, wie gaan?

Vir meer inligting, stuur ʼn e-pos na regslui@solidariteit.co.za.

Sluit vandag nog by Solidariteit se Regsnetwerk aan. Klik hier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel