loading
Artikels
17 uur gelede
waarom-is-solidariteit-anders

Foto Krediet: OkayDeer

Waarom is Solidariteit anders?

Deur Kyla-Ann du Toit

“Elkeen wat wíl werk, moet kán werk.”

Dít is waarom Solidariteit ʼn werkfasiliteringsplatform ontwikkel het. Werknemers moet met vrymoedigheid vir poste aansoek kan doen en werkgewers moet poste kan plaas en weet dit is vry van staatsinmenging.

Jy het die reg om vry, veilig en voorspoedig te werk – en Solidariteit is hier om dit vir jou moontlik te maak! As jy deel van Solidariteit se werkfasiliteringsplatform word, kry jy toegang tot ʼn gemeenskap wat jou loopbaanontwikkeling ondersteun en aanmoedig. Jy kan met selfvertroue werk soek en plaas, wetende dat jy beskerm en bemagtig word.

Hierdie is waarom Solidariteit anders as die res is:

ʼn Gemeenskapsgerigte benadering

Daar is talle werwingsagentskappe, maar Solidariteit se aanlyn werkfasiliteringsplatform is nie ʼn tradisionele werwingsagentskap nie. Waar baie ander platforms op volume en wins fokus, is Solidariteit gefokus op gemeenskap, waardes en volhoubaarheid. Die doel is nie net om poste te vul nie, maar om mense wat dieselfde waardes deel en in dieselfde sektor werk, met mekaar te verbind en te ondersteun.

By Solidariteit gaan dit nie nét oor werk nie, maar ook oor werksverhoudings. Daarom het Solidariteit 11 beroepsnetwerke gestig sodat eendersdenkende, hardwerkende mense ʼn netwerk kan vorm waar hulle by mekaar kan leer, idees kan deel en op hoogte kan bly van die jongste verwikkelinge in hulle bedryf.

ʼn Platform in jou moedertaal

Solidariteit se platform is volledig in Afrikaans. Dit beteken jy kan jou CV, dekbriewe en selfs jou kommunikasie met werkgewers alles in jou moedertaal doen. Dit maak die proses nie net makliker nie, maar ook meer persoonlik.

Jy kan dus met selfvertroue jou werksoekproses in Afrikaans aanpak!

Gratis vir almal

Die aanbiedinge en funksionaliteite op Solidariteit is heeltemal gratis. Anders as baie kommersiële platforms, vra Solidariteit geen fooie van werksoekers of werkgewers nie. Daar is geen verborge koste, geen kommissies en geen kontrakte nie. Dit is ʼn eenvoudige, eerlike manier om mense bymekaar te bring – vír die gemeenskap uit die gemeenskap.

Waardegedrewe en volhoubaar

Solidariteit is deel van ʼn groter beweging om selfstandigheid en volhoubare werkgeleenthede in die Afrikaanse gemeenskap te bou. Solidariteit fokus nie op korttermynoplossings nie, maar op die toekoms van beroepe, sektore en gemeenskappe.

Elke werkgeleentheid op die platform bou dus aan iets groter: ʼn netwerk van ondersteuning, groei en toekomsgerigtheid.

ʼn Beroepsgemeenskap vir elkeen

As gemeenskap dra ons die verantwoordelikheid om mekaar te ondersteun om werk te kry en om mekaar se vaardighede te benut. Solidariteit bied ʼn betroubare platform waar jy gratis poste kan plaas of vir geleenthede kan aansoek doen. Dit is werkfasilitering met integriteit – vir mense wat ernstig is oor werk en werklik ʼn verskil wil maak sodat ons vry, veilig en voorspoedig kan voortleef.

Registreer vandag nog jou gratis profiel op Solidariteit en word deel van ʼn netwerk wat vir jou omgee!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel