loading
Artikels
6 uur gelede
stop-die-intellek-trek-bou-jou-sektor-deur-werk-te-deel

Foto Krediet: OkayDeer

Stop die intellek-trek – bou jou sektor deur werk te deel

Deur René van der Vyver

Ons almal het al van begrippe soos brein-drein, brein-kwyn en die intellek-trek gehoor. Dit beskryf almal die emigrasie van gekwalifiseerde Suid-Afrikaners. Daar is verskeie redes waarom Suid-Afrikaanse kundiges na ander lande emigreer en lei nie net tot die verswakking van ons land se beskikbare vaardighede nie, maar ook tot ’n groot verlies aan belegging in die opleiding en opvoeding van ander deur ons land se hoogs geskoolde professionele persone.

Wat staan ons te doen in hierdie verband? Jy as werkgewer en/of entrepreneur het die geleentheid tot jou beskikking om in Suid-Afrika te belê. Elke pos wat jy adverteer is ’n belegging in die toekoms van jou bedryf – en dit is van kardinale belang dat jy hierdie beskikbare poste ook met jou netwerk deel.

Die impak van ʼn netwerk

Wanneer jy ’n pos met jou netwerk deel – selfs al is dit nie ʼn pos in jou eie onderneming nie – help jy om iemand se loopbaan koers te gee. Jy help sodoende ook om vaardighede in jou sektor te behou, en jy bou aan ’n sterker, meer volhoubare werkgemeenskap. Dis nie net die kandidaat wat baat vind nie, maar die hele bedryf.

Bemark jou poste op Solidariteit

Solidariteit se werkfasiliteringsplatform maak dit vir jou moontlik én maklik om poste te deel. Elke geplaaste pos kan die brug wees tussen jong talent wat hul eerste tree in die beroepswêreld neem, asook ervare spesialiste wat ’n nuwe uitdaging of geleenthede vir groei soek. Só word ’n netwerk geskep wat groter is as net jou onderneming.

Ons weet Suid-Afrika het groot tekorte aan vaardighede in sekere beroepe soos ambagsmanne, ingenieurs, gesondheidswerkers en so kan die lys nog aangaan. Wanneer ons nie vir jongmense die regte geleenthede kan bied nie, of wanneer daar eenvoudig nie poste beskikbaar is nie, raak die versoeking groot om elders in die wêreld werk te soek.

Elke werkgewer het egter die verantwoordelikheid om hierdie tendens te keer. Dit hoef nie altyd deur groot projekte of nuwe beleggings te wees nie. Soms is dit so eenvoudig soos om ’n vakante pos met jou netwerk te deel om seker te maak dat die regte mense die regte poste raaksien.

Wanneer werkgewers hul eie poste en ander ondernemings se poste in hul netwerke deel, word dit ’n daad van gemeenskapsgees. Jy help nie net jou eie onderneming om die beste talent te kry nie, jy help ook ander ondernemings in jou sektor. Jy dra by tot ’n sterker arbeidsmark waarin vaardighede gebou, behou en vermenigvuldig kan word.

Help ons om vaardighede in Suid-Afrika te beskerm

Ons kan nie bekostig om nog vaardighede in Suid-Afrika te verloor nie. Elke ambagsman, ingenieur, IT-spesialis ensovoorts wat in Suid-Afrika bly en hier werk, bou aan ons ekonomie se toekoms. Maar dit vra van ons om doelbewus te werk aan die behoud van talent – nie net vir ons eie ondernemings nie, maar vir die hele sektor waarin ons werk.

Die talent en vaardighede wat jy vandag help behou, kan môre ’n kliënt, ’n vennoot of selfs ’n toekomstige werknemer wees. Wanneer ons saamwerk om poste te deel, help ons om vaardighede, ervaring en kennis binne Suid-Afrika te behou.

Om op Solidariteit geregistreer te wees, is die eerste stap vir jou om met ʼn gemeenskapsgees ʼn brug vir werksoekers te kan bou. Sodra jy geregistreer is kan jy poste deel wat help om jou sektor verder te versterk, halt te roep tot die intellek-trek, en by te dra tot ʼn volhoubare werksgemeenskap in ons land.

Het jy al jou gratis profiel op Solidariteit geskep? Doen dit hier.

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel