loading
Mediaverklarings
1 week gelede
regering-se-bela-wetgewing-n-gevaarlike-wegholtrein

Foto Krediet: Okay Deer

Regering se Bela-wetgewing ’n gevaarlike wegholtrein  

Die wyse waarop die Bela-wetgewingproses doelbewus deur die regering en ook nou prs. Ramaphosa afgerammel word, is ’n groot bron van kommer vir Solidariteit. 

Die Bela-wet is voor die deur en kan binne 48 uur ʼn werklikheid word. Die bedreiging wat dit vir onderwysers en skole inhou is groot. Solidariteit se Onderwysernetwerk sal veg vir elke onderwyser en sal die wet tot in die hoogste hof beveg sou president Ramaphosa die wet onderteken.

Solidariteit glo dié oorhaastigheid is nóg ’n bewys van die regering se politieke agenda met hierdie wetgewing wat bó die belange van die Suid-Afrikaanse burgers gestel word. Die tydlyn gun heeltemal te min geleentheid vir openbare insette daaroor.

“Dit is ‘n klap in die gesig van elke persoon en entiteit wat moeite gedoen het om ‘n positiewe bydrae tot onderwys in Suid-Afrika te lewer deur hulle kommentaar in te dien.

“Die regering gryp na strooihalms met hul poging om hierdie wetgewing oorhaastig te probeer afhandel. In die proses verwoes hulle natuurlik leerders se toekomsdrome,”  sê Johnell Prinsloo, onderwysnavorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI).

Solidariteit het reeds sy insette namens sy lede ingedien en bly aan die voorpunt van die geveg waarin skole se taal- en toelatingsbeleid veral onder skoot kom. 

“Solidariteit wil hê ouers en leerders moet weet hulle belange word op die hart gedra,” sê Prinsloo.
“Ons neem hierdie stryd oor die verwoesting en nasionalisering van Afrikaanse skole baie ernstig op en sal stappe doen indien die regte prosedures nie met sorgvuldigheid en deursigtigheid deurgevoer word nie,” sê Prinsloo. Bombardeer die president se inboks met jou klagte.


Nuutste nuus:

Jou stem het binne 48 uur ʼn direkte aanval op Afrikaanse onderwys stopgesit!

Pres. Cyril Ramaphosa gaan nie die artikels oor die taal- en toelatingsbeleid in die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela) in werking stel nie.

Die stryd teen die gewraakte Bela is egter nog nie verby nie.

Ouers, onderwysers en lede van die Afrikaanse gemeenskap, dit is nóú tyd om teen dié vergryping op te staan! Bombardeer president Ramaphosa se inboks hier met jóú beswaar.

Klik hier om jou sê te sê!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel