Foto Krediet: OkayDeer
Gekopieër
Regte keuses vs verkeerde keuses
keuses vs verkeerde keuses
Deur Liza Joubert
Ons is daaliks besig om besluite te neem, hetsy dit iets belangrik is soos watter beroep jy eendag wil beoefen, of sommer net iets onbelangrik, soos wat jy vandag wil aantrek of eet.
Die illusie en wanpersepsie wat ʼn mens het oor verskillende keuses kan jou soms omvêrgooi. Dit is ook belangrik om te onthou dat moeiliker keuses nie noodwendig verkeerde keuses is nie.
Keuses is oral, hetsy dit vakkeuses, ʼn studierigting of ʼn beroep is. Die feit bly staan dat jy wel ʼn besluit moet neem.
Volgens John Maxwell is die lewe ʼn kwessie van keuses en elke keuse wat jy maak, maak jou.”
Jou keuses definieer jou lewe. Dit is ʼn sterk stelling, een wat die besluiteloses sal verskrik en die sterkes sal bemagtig. Elke besluit wat jy neem, word deel van jou. Die een ding wat jy werklik kan beheer, is jou besluite.Ons is verantwoordelik vir ons keuses.
Wanneer jy beter besluite neem, beteken dit ook dat jy uit jou foute leer. En om uit jou foute te leer, is ʼn deurslaggewende aspek van persoonlike ontwikkeling.
Om goeie besluite te neem, is ook belangrik in jou werklewe en vir jou werk-lewe-balans. Dit kan jou help om jou loopbaan te bevorder en beter resultate uit jou werk te kry. Goeie besluitneming kan jou help om groter werk- en lewenstevredenheid te verkry.
Drie gewoontes wat jou ʼn beter besluitnemer sal maak
- Gun jouself ʼn bietjie ruimte om oor jou foute (en suksesse) na te dink
Jy sal nie uit jou foute leer as jy nie tyd neem om daaroor na te dink nie. Daarom moet jy ʼn gewoonte daarvan maak om ʼn gereelde tyd in jou skedule uit te hou vir besinning. Dit kan ook help om jou geestelike fiksheid te verbeter.
Dit gaan nie net daaroor om stil te staan by jou foute of om jouself te verwyt oor slegte besluite nie. Gebruik dit as ʼn geleentheid om jou dag se besluite eerlik te hersien en te kyk hoekom sommige beter (of slegter) as ander was.
- Ontleed jou eie selfvertroue
Dit is belangrik om selfvertroue te hê, veral wanneer jy vir ʼn nuwe rol by die werk opdaag.
Maar te veel selfvertroue kan jou besluitnemingsproses negatief beïnvloed. In die geneeskunde toon studies dat oorgetrouheid tot diagnostiese foute kan lei.
- Raak bewus van jou geestelike heuristiek
Heuristiek is geestelike kortpaaie wat mense gebruik om vinnige besluite te neem.
Heuristiek kan nuttig wees deur:
- die geestelike inspanning wat jy nodig het om besluite te neem, te verminder;
- jou met probleemoplossing te help;
- komplekse vrae te vereenvoudig; en
- jou te help om vinniger tot ʼn gevolgtrekking te kom.
Soms twyfel jy of jy wel die regte besluit neem. Daar is dan net een manier om uit te vind. Deur bloot ʼn keuse te maak, is reeds ʼn stap in die regte rigting. Dit maak nie saak of jy die regte besluit neem nie, jy sal steeds na die regte weg gelei word. Jy moet net die besluit neem.
Klik hier om deel te raak van jou aanlyn werkgemeenskap.