loading
Artikels
1 dag gelede
rekeningkunde-vs-regte-studente-en-jong-werkendes-meet-kragte-by-solidariteit-se-vasvra-aand

Foto Krediet: Solidariteit

Rekeningkunde vs. Regte: Studente en jong werkendes meet kragte by Solidariteit se vasvra-aand

Deur Kyla-Ann du Toit

Rekeningkunde of Regte? Dit is daardie tyd van die jaar waar ons uitvind wie regtig die slimste is – sonder enige sakrekenaars, boeke of ChatGPT.

15 spanne het aan die vasvra-aand deelgeneem

Solidariteit se jaarlikse vasvra-aand vir studente en jong werkendes het op 2 Oktober 2025 met groot geesdrif by Industrial Coffee Works in Pretoria plaasgevind. Met 15 spanne van vier tot vyf deelnemers elk het jong werkendes en studente in die regs- en finansiële beroepsvelde in ʼn  vriendelike kompetisie kragte gemeet. Rikus van der Merwe van Honorable Speaker het die spanne behoorlik getoets.

Industrial Coffee Works in Pretoria

“Dit was ʼn baie lekker aand. Solidariteit het regtig ʼn goeie werk gedoen om ʼn mooi aand te reël – goeie vermaak, baie lekker kos en lekker mense,” het een van die deelnemers gesê.

Daar was vier rondes van tien vrae waaraan die spanne moes deelneem.

Die wenners is behoorlik bederf. Die wenspan, Altyd reg, het ʼn naweekwegbreek vir vier by Kokoriba gewen, terwyl Couzyn, Hertzog en Horak tweede geëindig het. Elke spanlid het met ʼn Takealot-geskenkbewys ter waarde van R250 weggestap. Albei die topspanne is in die regsprofessie, wat hulle die voorreg gee om vanjaar se wisseltrofee huis toe te neem, en natuurlik die spogregte gee tot volgende jaar se vasvra.

Die wenspan “Altyd reg” ontvang ʼn Kokoriba-naweekwegbreek sowel as die wisseltrofee

“Die vasvra-aand was ʼn goeie geleentheid vir finansies- en regstudente, sowel as jong werkendes wat pas die werkplek betree het, om mekaar op ʼn informele manier te leer ken,” sê Émil Glas, organiseerder van die Solidariteit Regsnetwerk. “Ek moet tog ook net noem dat die Regsnetwerk baie trots is dat die regsprofessie die eerste Rek vs. Regte vasvra-kompetisie gewen het. Volgende jaar hoop ons om nog meer beroepsgroepe betrokke te sien.”

 Émil Glas, organiseerder van die Solidariteit Regsnetwerk, saam met die span in die tweede plek]

Benewens die vasvra, is daar heerlik geëet en gekuier. Hierdie vasvra-aand is slegs een van vele maniere hoe Solidariteit studente en jong werkendes bemagtig om werklik waardevolle netwerke te bou.

Vasra-aand

Daar was baie energie tydens die vasvra-kompetisie.

Loer gerus na al die foto’s van die geleentheid op Solidariteit se sosialemediaplatforms. Indien jy nog nie ʼn profiel op Solidariteit geregistreer het nie, klik hier en doen dit nóú. Wie weet? Dalk spog jou span volgende jaar met die trofee én die spogregte as slimstes van die jaar!

Om ’n verskil te maak, raak betrokke by
die Solidariteit-netwerkplatform.
Skep vandag nog jou profiel